7 Okt 2016 : Newport Rhode Island
Nog n pragtige sonskyn dag met water wat so glad soos n spieel is en dis moeilik om te dink dat net n bietjie verder suid is dit chaos met Hurricane Matthew met sy wind,reen en onstuimige see.Ons is vandag vroeg af en toe is dit tyd vir hotel besoek vir n lekker Frappicino en so n draai loop al teen die waterfront in Newport.Gou n foto geneem gekry voor n standbeeld waar net die mannetjie se voete uitsteek uit n brander,nog nooit so een gesien nie en toe is dit tyd vir die roomys winkel.Daar het ek darem weer n foto geneem gekry van liefie en sy geliefkoosde roomys.Die dorp was heelwat stiller as verlede week toe meer skepe in port was.Verby bome wat se stamme toegedraai is met mieliestele met stronke aan hulle??? seker deel van Halloween of so iets wie weet!!,sien ook al hoe meer pampoene voor winkles en op stoepe van huise,so ek neem aan Halloween oppad.Terug op die skip was dit weer middag slapie en toe dit tyd raak vir diep see toe toe lig die kaptein ons in dat die anker van die skip vassit aan n kabel en dis nou eers stoei om ons los te kry van dit voor ons kan padvat,en dit het ons seker een en n half uur opgehou voor hulle lyk my ons losgekry het en ons kon wegkom,letterlik en figuurlik!!!Nooit gedink aan sulke goed nie maar gelukkig darem losgekom en ons is met sononder weg uit Newport.Pragtige uitsig met die brug wat verlig is en nog een ander skip met sy liggies aan.More is dit weer New York en my laaste week op die skip, gaan sommer as ek afklim volgende Saterdag op n New York toer gaan wat my dan by die lughawe aflaai en vandaar kry ek die hotel shuttle na die hotel.Kan eers die volgende dag vlieg want soos ek vroeer gese het het nie meer die senuwees vir dinge fyn sny en dalk vlugte mis nie, seker n teken van die tye!! tot volgende keer, mooi loop.
8 Okt 2016: New York
Wel my oggend het begin met n Hallo Granma!!!! met my stappery winkels se kant toe,so dit het nie te goed afgegaan nie maar nou ja beter gewoont raak aan dit!Kan nie glo my laaste rondloop in die pragtige stad nie maar het dit benut.Is op na 5 th Avenue waar ek by die New York Public Bib uitgekom het en wat n belewenis was dit nie,absoluut pragtig en asem wegslaan mooi en ek kon in een van die pragtige kamers rustig sit en wifi.Oooo ek is n regte sucker vir die pragtige ou geboue en ligte.Het seker 2 ure daarso spandeer en toe besef nou moet ek roer want wil nog ander draaie loop.Toe is ek al langs die bekende 5 th Avenue na Rockerfeller Sq en daar was hulle besig om die ysring op te slaan vir die komende vakansie en Kersfees seisoen,besef dit sal ek nie eers kan probeer nie want dink dis bene breek stories as jy val.Kersfees liggies is hier en daar al op en ook n bordtjie Christmas in New York,dis nou een wens om Central Park te beleef as dit spierwit is,miskien eendag.Oppad terug skip toe is ek in by Clinton Community Park en dit was weer vir my so spesiaal want dit was n mengel moes van plante en groente en baie voels en tot bye korwes en heelwat bye,nie te naby aan hulle gegaan nie , presies wat jy verwag van so n mooi tuin.Hier en daar het mense op die bankies gesit,taking a break in die natuur tussen die concrete jungle!!En so het my laaste rondloop aangebreek en is ek terug skip toe vir ons laaste week na Kanada want volgende Saterdag klim ek af en die skip gaan af en doen aan by die volgende ports of call,San Juan Puerto Rico,St Johns Antiqua,Basseterre St Kitts,St Maarten,St Thomas, soos hulle dit noem n 8 day Eastern Carribean toer.More is dit n see dag so mooi loop.
10 Oktober 2016: Halifax
Kyk hier hoor en sien jy dinge wat soms ongelooflik klink,gister was daar weer mense wat saam kom seil het vir n week wat mekaar nie baie goed ken nie en wragtig daar drink die een vrou haar op die eerste aand saam, in so n toestand dat sy uitgepas het en die kamer so bemors!!!Ek kry
stuipe!!! en ergste is hulle moet nog heel week saam seil,kwaad of te nie,weet nou nie of die vriendsakap die eerste nag en drama gaan oorleef nie,net die tyd sal leer.Vandag is ons in Halifax en dit reen hard,is koud en winderig, so regte eende weer en beslis nie toeriste vriendelik nie!Ook nie weer waar jy op die diep see wil wees nie maar nou ja,seil moet ons seil!!Gelukkig wou ek net gou n draai maak in die gebou reg langs die skip en my ander draaie het uitgereen want ek sien glad nie kans om in die stort reen rond te loop nie.More is dit die laaste keer dat ek en liefie saam in n port af is ,so hopelik sien ons darem bietjie son.Vamiddag gaan ons verseker onder die duvay eindig in die weer.So tot more,mooi loop.
11 Oktober 2016: Saint John Canada
Well what a night! die kaptein het ons darem gewaarsku voor ons diep see toe is dat die see omgekrap is met erge wind en hoe deinings en ons het hoogetrap toe ons op is vir aandete het omtrent konsentrasie gekos om te stap met n bakkie sop,die kant toe en dan daai kant toe,nes n dronk mens.Dink daar was n paar wat glad nie lekker gevoel het nie maar gelukkig is ons twee ou skipkatte al gewoont aan dit en ons het te lekker geslaap.Na n lesing wat liefie moes gee is ons weer die strate in op n baie mooi dag maar koud ,6 grade hierso vandag gewees.Gelukkig kon ek vir liefie ompraat om vandag n paar fotos te neem want ons laaste dag wat ons saam af is.Die bome begin nou verkleur en net n entjie van die skip was daar n straat met die mooiste bome met bloed rooi blare.In die begrafplaas parkie het ek te lekker blare rongegooi onder my spesiale boom wat ek tot van my laaste besoek hierso onthou hy weer die mooiste oranje kleure maar ook amper kaal soos hy blare afgooi.Daar het ons ook vir n rukkie in die parkie gesit en net dit ingeneem en geniet.
Ek het my weeklikse draai by die 2de handse boekwinkel gemaak en toe is dit weer starbucks toe voor ons terug is skip toe.More is ons in Portland en die weer gaan glo mooi wees,so tot more mooi loop.
12 Oktober 2016: Portland
Vanoggend is ek vir die laaste keer deur customs op die skip en was te lekker om te se nee gaan
Saterdag huis toe. n Lieflike dag en heerlik vir rondloop of moet ek se rond drentel!Sommer net na plekke gegaan waar ek nog nie was nie en n wye draai gestap.Die strate was besig en hope toeriste in die dorpie.Na n lang sit in Starbucks is ek toe weer terug skip toe vir n lekker middag ete en toe weer kooi toe vir ons middag slapie nes ou mense!!!Ons vertrek vamiddag is amper laat agv die gaste wat nerens te vinde was nie maar lyk my hulle het hulle toe uiteindelik opgespoor.Met sailaway vamiddag was daar weer die mooiste sosnondergang van pienke en oranje kleure en is amper weer volmaan!More is dit n seedag so tyd vir die gym wat ook die laaste keer sal wees voor ek afklim en dan Vrydag is ons weer in Newport.
13 Oktober 2016: @SEA
Gisteraand het ek saam met die mediese span gaan uiteet en dit was n dood eet en n baie lekker aand,gewees ,lekker gelag en gesels en stories gehoor van lande soos Serbia en Columbia.Dinge soos kos,tradisies,woorde vir verskillende goed,baba goed en sommer n hele verskeidenheid dinge.Ook weer fotos geneem wat ek sal pos sodra ek dit kry.Die kos was ongelooflik lekker allerhande verskillende soorte vleise hoender,vark,skaap,bees noem maar op en heel laaste dan die pynappel wat met bruin suiker en kaneel besprinkle is en gebraai en dan nog poeding na dit ook nog.Ek het darem n glasie rooiwyn ingekry wat baie lekker was.So gelag vir die een waiter toe hy met die hoender aan kom toe vra hy wil jy die linker of regter been he!!!!! en toe ons vir die pynappel geheim vra en hy se nee dis n secret, toe se die een verpleegtster vir hom nee dis dood reg as hy vir pyn medikasie kom sal sy onthou van die geheim!!!!! Toe is dit tyd vir bed toe na die vreeslike geeet !!!More is dit my laaste dag in Newport en dan is dit pakdag .Kan nie glo die 8 weke is ook nou verby nie maar is baie opgewonde oor huis toe gaan.Ek klim Sat 8.45 af en dan gaan ek op n toer na n paar New York bekende plekke voor ons die middag afgelaai word by JFK.Dan is dit hotel toe vir my voor ek Sondag vlieg.Die skip nou klaar met die New York en Kanada run en is oppad suid na Puerto Rico en Kariebiese eilande vir sy volgende roete.Glad nie vir my lekker om vir Liefie agter te los nie maar nou ja op die oomblik deel van ons lewe maar gelukkig kom hy oor 2 weke ook huis toe,so tot volgende keer mooi loop.
14 Okt 2016: Newport Rhode Island
Gisteraand net toe ons aan die slaap raak toe word ons weer wakker gemaak met daai gevreesde woorde code alpha en dit was die einde van slaap vir n hele rukkie!Vanoggend lui en moeg wakker geword na n baie kort nag se geslaap.Die wind stoot buite en gaan die tendering van die passasiers na die hawe moeilik maak in die reddingsbootjies.Dinge het maar baie stadig gegaan en ons het eers laat aan wal gekom maar ek is toe dadelik weer aan die stap en eers afgekom op honderde pampoene wat te koop is by die Metodiste Kerk vir fonds insameling vir Halloween versierings.Vir my nogal mooi gewees al die pampoene wat so uitgepak is op die grasperk.n Laaste draai in die winkles gaan stap en in n ander deel van die dorp. Ek is vroeg weer terug skip toe en nou is dit tyd vir tasse nader sleep.So tot more mooi loop
15 Oktober 2016: New York
Wel en so kom my 8 weke ook tot n einde op die New York en Kanada roete.Wakker geword toe ons dok in New York en toe moes liefie nog my tasse in die gang gaan uitsit want gaan op n toer vandag en kan nie met die swaar tasse by die bymekaar kom plek aangedrentel kom nie.Liefie moes n nuwe skaaltjie gaan koop want ons een wou nie werk nie en ek wil weet wat die tassse weeg,was baie skepties want liefie stuur my huis toe met omtrent 8 medies boeke wat vir my soos n sak 10kg aartappels voel en ek glad nie beeindruk nie!!! Presente ja maar mediese boeke,neee!!!Baie verlig toe ek sien maak darem die gewig kwota net net.Die keer n ekstra sak waarin ek n paar momentos indra wat ek nie in my tasse wil sit nie so gaan soos n pak donkie lyk en voel,2 tasse,n rugsak,fanny bag,en nog n los sak in die hand!!!Eers gou n laaste lekker ontbyt gaan eet en toe is dit afklim tyd en groet tyd wat nooit lekker is nie.Ek is toe op die toer Tour of the Big Apple en het dit vreeslik geniet,ons toergids was so oulik en whitty.Vir my was die hightlight die stop by 9/11 memorial site maar net heeltemal te kort en dis storie van die peer boom so mooi.
Wel min het ek geweet wat wag vir my by die aflaai punt by die lughawe,toe ek daar kom toe word ons ingelig dat die lugtrein nie vandag werk nie en ons moet die lugbusse neem na al die verskillende stasie op die JFK lughawe,nou probeer die prentjie sien!!!! Die tasse is al klaar so swaar dat jy hulle net net gesleep kan kry en jy is gelaai soos n pak donkie voor, agter, en langs die kante!!! Nou moet jy met al die goed met n trappie op tot in die airbussie en hope mense stamp en stoot om plek te kry sodat hulle betyds kan uitkom by hulle terminale om hulle vlugte te kry.Die eerste 3 busse verpas ek want ek is te ordentelik en het nog nie moed vir die tasse optel en die bus bestyg nie,maar glo my na bus nr 3 wegry besluit ek nee wat hier moet mens maar varklik wees en stampen stoot anders staan ek vanaand nog hier en daar gaan ek,na n vreeslike gesukkel kry ek die tasse gelig en bly staan net daar waar ek op die bus klim en die deur my stert vere toemaak in die deur!!Toe is dit tyd vir asb Here kan die volgende stasie net net Federal Circle wees waar ek moet afklim en my hotel shuttle moet kry nie.Wel my gebed is beantwoord en ons volgende stop was toe Federal Circle,busse en mense net waar jy kyk en mense warm onder die kraag.Onthou nou almal moet nou met hulle bagasie op die busse klim om op enige plek uit te kom op die lughawe en party het meer as 2 tasse so dis n nagmerrie.Na n halfuur se gesit begin ek dink nou hoekom sien ek glad nie enige hotel shuttles nie en ek weet ek is op die regte plek want dis waar ek laas hulle gekry het, net om te hoor na n halfuur hulle het die hotel optel plek geskuif vir vandag agv die airtrain wat nie werk nie!!!!Nou ja toe is dit weer pad vat met my trek na nuwe oplaai plek en dankie tog toe ek daar aankom toe is die hotel shuttle nog daar en ek is dadelik op die bussie.Het ook uitgevind wat n taxi kos want het eers gedink dit gaan dalk beter wees as om in die massas te probeer opklim op die airbusse maar toe ek hoor dit kos $54 het ek van plan verander,crazy.
Darem veilig by die hotel aangekom en kon dadelik inbook so het darem n kamer vir die nag en more oggend is dit weer ek en die JFK lughawe en dan huis toe!!!!!!!!!!
So tot volgende keer,mooi loop en wie weet waar dit gaan wees,mooi loop.DIE EINDE!