1 Oktober 2016: New York
Die son bly weg en dis nog n grys,koue dag met reen in die lug,14 grade in New York so lyk my die winter kruip nou nader.Gelukkig kon liefie vroeg afklim en ons is dadelik Starbucks toe om bietjie rustig tyd op die internet te kan spandeer sonder om heeltyd na jou horlosie te kyk.Het n nuwe drankie ontdek wat heerlik is Frappecino of so iets ,koud en lekker ,dink nie dis te gesond nie maar beslis lekker en sal dit aangeveel. Was vandag vir die eerste keer in n grand supermark in 10th avenue waar die locals shopping doen en moet erken hulle vars vrugte en groente displays lyk nogal mooi,jy sommer lus vir koop en eet.Ons kon nie ons coolaid koeldrank kry wat ons drink nie toe is dit nog rondloop opsoek na dit maar ook tevergeefs, so moes met plan b tevrede wees.Toe is ons na n parkie nie ver van ons dok nie en eers vir n rukkie daarso gesit en toe terug skip toe,ook maar goed want net toe ek in die eetsaal op dek 12 kom toe trek dit toe en dit begin reen.n Middag slapie was toe n goeie idee en daar het ons bly le totdat liefie moes opstaan vir werk.Tot more.
3 Okt 2016: Halifax
Gister was ons in Halifax op nog n baie koue dag,kan sien hoekom hulle in die dele ingerig is vir erge koue want hierdie is maar die begin en dis vrek koud,ysige wind so mussies is hierso n moet ander sal jy beslis rondloop met oorpyn.Ons is dadelik na die bib en daar het ons gebly want het ook n cafetaria waar jy lekker goed kon koop en die gerief van warmte en gemak stoele!Dis beslis n lekker plek om tyd te spandeer veral op sulke koue winderige dae waar buite rondloop nie lekker is nie of te minste net vir n kort rukkie.Kry eintlik die winkeltjies ook jammer op sulke dae want die koue beinvloed beslis hulle verkope, op ons pad terug was daar maar min mense wat rondloop en die musikante wat gewoonlik ook orals so langs die water sit en speel ,was ook nerens te sien nie.
4 Okt 2016: Saint John:
Eers 10 uur vanoggend hierso aangekom op n pragtige sonskyn dag waaroor ek baie bly is want na al die toegetrekte reenerige dae bly vir sonskyn!Met ons aankom in die port vandag was daar reeds 2 ander skepe toe moes ons met 3 de plek teevrede wees en dit was om te dok heel onder in die dorp en nie die beste plek nie.Was in n regte hawe dok area met niks in die omtrek en moes 10/15min stap tot in die dorp.Ek is eers na die tuine in die middedorp en weer na die begrafplaas om te sien of die bome nie al begin het met hulle display nie maar eks bevrees net die een ou boompie het al begin verkleur in die pragtige helder oranje kleure.Daarna is ek deur die ou mark en rondgeloop in die mall voor ek terug is skip toe.Was nie vandag baie lus vir exsplore nie, lui geraak,lyk my dis tyd vir huis toe gaan!Met my aankoms by die skip was dit eintlik snaaks om te sien dat die skip se gangway nou baie hoog is,vreeslik styl want hierso is die gety mos erge uitterstes en het baie gesak vandat ons vanoggend hier gedok het.Die arme rolstoel ouens het 2/2 stoele opgestoot teen die styl gangway!
Sailaway was eers 6 uur en het buite gaan staan op dek 13 om n paar fotos te neem van die pragtige sonsondergang,dis nogal spesiaal om so op die dek te wees terwyl mens uit die hawe uitseil.Die kaptein se more se weer is weer lekker sonskyn en het ons ook ingelig oor die erge hurricane wat amok maak in die Karibiese eilande, Hahiti en Cuba hoop hy uitgewoed as ons weer in New York aankom Saterdag want hy ook oppad na Florida so Miami ook in daai dele,regtig scary stuff.Tot more mooi loop.
5 Oktober 2016: PORTLAND
n Lieflike dag in Portland maar n koue windtjie wat waai.Vandag word die hele skip deur immigration geraak en ook al die personeel so dis n lang storie en toe ek deurgaan toe vra die man vir my hoe gaan dit daar in julle land toe se ek oooo waar sal ek begin,en hy chirp ja nee so het elke land sy dinge!! Toe ek in die kamer kom is hulle besig met n onderhoud met Pieter Dirk Uys en het ek dit nou geniet,hy is darem ongelooflik en so skerp as kan kom met sy Evita karakter,tot sy onderhoud voerder het hom geniet.Sy laaste namaak was n Tutu stem en laggie en die woorde please dont fly away Tutu ,we need you!! Koslik.Wel nou sit ek en wag vir liefie voor ons kan afklim want hulle lot gaan laaste deur customs maar gelukkig seil ons eers vanaand 6uur so hele dag tyd.Wat n teleurstelling teen 14h00 was hulle nog nie klaar met customs nie en die crew moes weer teen 15h00 terug wees op die skip so ons het besluit om eerder n middag slapie te vat en nie lank gevat nie toe is ons in droom wereld!!Met sailaway vamiddag het ek op dek 13 gaan staan en paar fotos geneem was pragtig maar vrek koud,my 2 de laaste besoek aan die plekkie,volgende week laaste keer.More n see dag en dan is dit Newport,hopelik beter weer as laas en dan wil ek weer nuwe draaie gaan stap op plekke waar ek nog nie was nie.Ook nou geleer kan niks tot op laaste besoek los nie want weet nooit hoe die dag gaan verloop nie.So tot more mooi loop.
6 Oktober 2016: @ SEA
Vandag is dit net ons en die wye see mekaar se geselskap darem weer n paar dolfyne gesien.Gewone tyd opgestaan en toe is dit weer gym toe vir my 2 de laaste week van oefen,het die roei masjien ontdek en geniet dit vreeslik nou nie seker wat hy presies alles werk nie maar vir my lekker.Het ook n bietjie verneuk vandag en nie my gewone roetine gedoen nie!!! gouer eetsaal toe vir ontbyt en maar weer geswik voor die worsies en bacon,se mos nou vir myself ook dit is nou amper verby so enjoy while you can!!!Moet mos dinge regverdig!!Op TV is dit net hurricane stories oor en oor genoeg om jou senuwees op te maak maar lyk my ons bly uit sy pad uit en is te ver noord van New York en dit lyk asof hy gaan indraai see se kant toe nadat hy noord van Florida n draai gemaak het.Bitter bly ons is uit die land as dit verkiesings tyd is want hulle maak jou mal met al hulle sleg se,stories,die een het nie n goeie woord vir die ander een nie,nogal erg maar dis seker hoe dit in die politiek gaan.Liefie gaan weer suid as ek afgeklim het so hoop nie daar is nog storm oppad nie en Danielle hul se skip moes hulle itinary verander om weg te bly uit die hurricane se pad,so lyk my hulle hang rond in MEXICO se omtrek tot hy koers kry!More is ons in Newport so ek en liefie sal lekker kan gaan rondloop en dink gaan hom by die roomys winkel gaan bederf want dis nou een swakheid roomys!!!Tot more mooi loop.
No comments:
Post a Comment