23 Aug 2016: Great Stirrup Cay (GSC)
Gister was ons vir die dag op die privaat eiland wat in die Bahamas gelee is.Gelukkig was dit n pragtige sonskyn dag met net n ligte wind so die afklim en terugkeer skip toe met die tender bote het glad verloop.Ek het eers laat afgeklim en in die gym uitgehang!! en ontbyt gehad.Wel lyk my ek het vergeet hoe warm dit hierso kan raak en sukkel, dis vreeslik, jy is papnat gesweet na net n paar minute buite.Groot was my teleurstelling toe ek al die pad na die anderkant van die eiland stap om net agter te kom die hele area waar ek al so lekker geswem het is nou toegemaak vir konstruksie en bouery ,so ek moes tevrede wees met my tweede keuse.Dit is darm maar mooi en lekker om te swem in die mooi turquoise water,gevoel soos n walvis wat in die vlak water le en baai!!!
Die privaat eiland gaan nou toegemaak word en geen van die vloot se skepe gaan vir n tydperk die eiland nou besoek nie want hulle begin nou met die veranderinge en bouery.Dink dit gaan seker baie mooi wees as hulle eers klaar is, so net die tyd sal leer of ons weer hierso gaan uitslaan as alles klaar is.Het ook met my aankoms op die eiland gestap na die area waar die gaste wat watersport doen bymekaar kom en eers vir hulle net gesit en kyk.Moet se dink dit moet baie lekker wees as jy aan al die aktiwiteite kan deelneem.
Na my swem het ek besluit om eerder terug te keer skip toe want nie kans gesien vir le in die hitte nie,nie eers in die koelte nie!!!
24 Aug 2106: NASSAU
Vanoggend vroeg in Nassau aangekom en eintlik spyt het nie vroeg opgestaan om te kyk hoe ons inseil in die hawe nie want so n mooi deel maar te lekker geslaap!Soos ek baie gese het in my blog dink hier kry ons te min suurstof want ons albei slaap net te lekker en kry nie genoeg nie.Liefie was af vir die dag maar omdat hy eers n drill moes bywoon kon ek weer gaan gym en rustig gaan eet voor ons kon afklim. 2 van Danielle se vloot se skepe was ook in die hawe vandag en wraggies nie hare nie maar nou ja moes net gaan kyk na hulle name net om seker te maak!!Het besluit om vandag met die water taxi te ry na Atlantis want nie kans gesien vir stap in die vreeslike hitte nie.Dit was n eerste vir ons albei en dit vreeslik geniet,ons het die stories wat die een ou vertel het geniet,verby Nicholas Cage die akteur se huis op die eiland en het verby n hout huisie geseil wat gebruik is in n 007 fliek waar n boot glo opgeblaas is,ook vertel dat daar n joga retreat is waar daar 4 reels is,geen drank,geen rook,geen rooi vleis en geen hanky panky, so daarom sien ons geen mense daarso nie!!! n ander verlate wit strand was eers n nudiste strand maar daar was te veel boot ongelukke toe is dit geskuif na n ander deel van die eiland, hoe waar dit is kan ek nou nie se nie.
Sal die fotos van die 007 huisie op FB pos.n Dierbare seuntjie wat ek seker so 10 skat het sy oupa of Pa gehelp met die oplaai van mense,geld vat en los maak van ons boot met ons rit na Atlantis,moet se die ouens baie witty met al hulle se goed,eintlik heel intertaining.Die afklim plek in Altantis,of ek moet seker se ,dok plek is onder die brug wat die voertuie neem om by Atlantis uit te kom en nogal n belewenis,lyk dodgy maar dis maar hulle manier van dinge hierso doen,dinge lyk maar oud en gedaan en stukkend maar werk nog! Met terugkeer na ons rondlopery in Atlantis het ons eers weer by Dunkin Dounuts n draai gemaak en moes eers dounuts kry en n yskoue koeldrank wat mens brainfreeze gee, nooit gedink dis regtig so nie maar wraggies jou kop pyn regtig van die koue.Vir nog rondloop het ons nie kans gesien nie en is toe terug skip toe vir n lekker stort en middag slapie,nes ou mense! was bitter bly om terug te wees in ons koel gaaitjie.Nou le 2 see dae voor met n storm wat glo broei erens in die Bahamas maar ons seil hopelik voor hom uit want ons nou weer oppad noord,terug na New York.Hoop hy uitgewoed wanneer dit tyd is vir ons om weer terug te keer hierheen.Mooi loop tot volgende keer.
26 Aug 2016: @ SEA
Gister en vandag is ons op die see, so regte skip dag.Going nowhere!!!Een goeie ding is ek moet gaan gym en het baie baie tyd ,geen verskonings!Toe ek gister middag in die bib sit ,het ek vir die eerste keer ooit flying fish gesien,amasing vir eers gekyk en weer gekyk en nie presies geweet wat dit is nie,en probeer sin maak van wat ek sien,maar liefie het toe vir my die verskynsel opgeklaar en gese nee dit was flying fish! wat jy gesien het.So dit was iets spesiaal gewees.
Gister middag n lekker siesta ingekry en n fliek gekyk wat my wawyd wakker gehad het,vanoggend was dit weer tyd vir n paar trane met die kyk van die dokumenter wat gaan oor die myners wat in Chile gered is,so so tussen deur die trap op die treadmill moes ek trane afvee en seker maak niemand sien hoe lekker ek huil nie.
Na n lekker ontbyt het ek vasgeval in die eetsaal op dek 12 met n pragtige uitsig oor die see,met die see wat soos n spieel lyk,lieflike sonskyn dag vir die gaste op hulle laaste dag.Net toe ek oppad kamer toe is toe kom die aankondiging oor die PA sisteem dat daar n kode alpha is wat beteken iemand het moontlik n lewensbedrygende toestand,so toe is dit hol vir die mediese span maar gelukkig net n kort rukkie later toe word dit gekanseleer.
More is ons weer in New York en ek gaan alleen rondloop want liefie is aan diens so ek het omtrent 4/5 ure voor ek weer terug by die skip wil wees.Dink gaan weer warm wees maar beslis nie soos in die Bahamas nie,so tot volgende keer,mooi loop
27 Aug 2016: NEW YORK
So dit was ek en New York op my eie vir die dag,gelukkig het alles glad verloop met die afklim en customs.Besluit om met my gym klere die stad aan te durf want weet dis baie stap en verlede week was vreeslik warm gewees. Amazing hoe vinnig jy goed herken en jou weg vind in so n groot besige stad,wou nog n padkaart kry maar nie by dit uitgekom nie so maar net gestap.Die plek het n bekoring van sy eie,ek kry nie genoeg van die woonstel blokke,met hulle piep klein stoepies,trappe en escape trappe aan die buite kant van die geboue nie,en die mooiste gietyster werke.By n man verby gestap wat met sy koppie koffie op sy trappe sit en dis so te se op die straat en dit om net buite te kom.Eers op na Rockefeller Square en na n pragtige kerk en toe al langs die bekende 5 th Avenue af na Central Park,en daar myself tuis gemaak met my bottel water en net dinge rustig bekyk,hope mense,dis ouers met kinders,mense wat oefen,fiers ry,met hulle diere stap,toeriste,perde koetse,noem maar op,eintlik crazy,besig,aan die gang,dink nie dit raak ooit hierso stil nie.Toe is dit tyd vir terug stap na 48th ave want weet dis waar ek begin het maar eers by starbucks n draai gemaak vir n vrugte bucket en natuurlik free wi fi,daarna n draai gemaak by die Theatre District en daar was n straat mark aan die gang wat super huge is ,duisende mense en die hele straat afgesper.
Stalletjies net waar jy kyk,vir my was een met mielies aanloklik,hulle braai die mielies met die groen blare net afgetrek na onder en dan sprinkel sy die mielies met verskillende geure botter.Corn on the Cob vir $3,reg butter,honey butter,spicy butter,lemon butter,parm cheese,black pepper,salt,chilly,so jy het omtrent n keuse!.Dink moet dit bietjie by die huis probeer.Toe supermark toe vir week se voorraad.Oppad terug skip toe het ek n ander straat gevat en afgekom op n roos tuin met 5/6 potte met rose wat vir my dierbaar was,for the love of a rose en net besef al het jy 1 roos enigiets moontlik as jy net wil en toe verder af n venster bank met 7 potjies wat vir die dag bietjie son kry,sal dit op my FB post om te wys.Dink nie ons besef hoe bevoorreg ons is met al ons spasie nie,groot huise en tuine,ruimte,vars lug.Verby n dierbare koffie winkeltjie The Jolly Goat,wil vir liefie bietjie daarheen vat met ons volgende rondloop.Ons is gedok in Pier 88 en van die straat lyk dit asof die skip omtrent op staat sit,sal van dit ook n foto opsit om te wys wat ek bedoel.Teen die tyd het ek my oefening vir die dag ingehad en was reg vir stort bitter bly het toe met my gym klere rondgeloop en dink dit sal maar my drag wees as ons so rondloop.
Sailaway was weer op n perfekte middag met die mooiste uitsig oor Manhatten en New York se bekende bakens,is prentjie mooi en het dit bekyk van dek 12 heel agter op die skip met my koppie tee.Glas wyn met lekker ys en snacks sou seker nicer gewees het!!! daar was n ouer couple wat langs my gesit het en jy kon sien hulle geniet elke oomblik,hulle het natuurlik wyn en snacks gehad!
Laat middag bib toe en daar vir my twee boeke gaan uitneem vir die week want liefie werk op al die dae waar ons kan afklim maar nou ja volgende week darm af as ons weer nuwe plekke besoek wat iets is om na uit te sien.So tot more of oormore want more n see dag,mooi loop.