Monday, 22 August 2016

20 Aug 2016 NEW YORK

20 Aug 2016: New York
Na n baie duur taxi rit tot by Pier88 in Lower Manhatten het ek uieindelik by liefie aangesluit,die taxi bestuurder van Suid Amerika het sommer besluit om 15$ by te sit en ek te sleg om met hom te stry ,het gese maar dis nie wat hulle vir my gese het nie maar hy speel net dood ,so  bly was waar ek moet wees en gedink laat jy wegkom ,ou skelm!!!My les geleer en volgende keer sal ek defnitief elke keer eers vra voor ek inklim.Was vanoggend baie vroeg wakker so nou is ek so vaak kan omtrent nie my oe oop hou nie en ons gaan eers vanaand 20.30 eet.Sit heel benoud hierso want net my een tas het sy verskyning gemaak en die groot tas met al my klere is nog soek!!!! hoop hy is erens op die skip anders weet ek nie wat ek sal doen nie,dit sal beslis n krisis wees,dink net geen klere behalwe dit aan jou lyf.Het die tasse self afgegee op die pier en vorms ingevul met kamer nommer so nou is dit net wag en hoop vir die beste.N pragtige warm dag in New York,buite warm en binne in die geboue weer koud met die aircons.Kon met die sailaway buite op dek 7 gaan staan en kyk hoe ons wegseil uit Manhatten en toe verby die pragtige Statue of Liberty verby geseil waar ons elke week sal in en uitkom.So baie mooi plekke en so baie goed om te sien net jammer alles of meeste goed kos $. Uiteindelik het my tas sy verskyning gemaak,bitter bly om hom te sien..Die see lyk vir my bietjie rof maar liefie se nee, heel rustig vir nou.So tot more mooi loop.

21 Aug 2016: @SEA
Gisteraand toe al die gaste vol geeet was na die sailaway partytjie,het ons rustig gaan eet in die eetsaal op dek 12 met n pragtige uitsig oor die see,net weer vir liefie gese hoe bevoorreg ons is om dit saam te kan beleef,prentjie mooi.Voel asof alles in slow motion afspeel as die skip so rustig en stadig seil. My goed gedra en net gesonde kos ingeskep.so ons sal sien hoe lank dit hou.Weer geslaap soos n baba met die gewieg,is te lekker.Hierso is dit benoud ,bedompig en baie warm,so ek dink gaan bly wees as ons roete verander na Kanada.Vanoggend die gym weer vol krag aangepak maar dit het maar rof gegaan maar oorleef en deurgedruk.Plan is om suiker en carbs uit te sny en ernstig te oefen so ons sal maar sien hoe dit gaan.Moet nou n plan maak want voel en lyk soos n oros mannetjie en die somer le voor!! so voel nie goed oor myself nie,dink te veel wyn,en snacks het my hierso gekry,!!!
Hulle het van die skip se interior decor oorgedoen en moet se ,is vir my nogal mooi,kry weer lekker idees.Ek sit nou in die biblioteek en tik wat vir my heerlik is want het ook pragtige uitsig op die see en doodstil en rustig.Alweer vaak so lyk my nog nie my slaap ingehaal nie en die gewieg van die skip mos nou nie die beste ding vir iemand wat reeds baklei teen vaakgeid nie!! om dinge te vererger is die bank waarop ek sit ook so gemaklik, so die kombinsaie dodelik.Al wat keer dat ek oorgee is die gesig wat ek al voorheen beleef het van n ou man wat voorheen in die bib aan die slaap 
geraak het en voor almal te lekker gesnork het,terwyl almal vir jou kyk,not a pretty sight!Wel tot volgende keer mooi loop.



22 Aug 2016: Port Canaveral Florida
Weer n lieflike dag met rustige waters,ons kom eers 13h00 in die hawe aan en ry eers vanaand 21h00.Hierdie nou nie vir my n mooi plek nie en as jy nie strand,Disney World of na die Space Shuttle gaan nie dan bly nie veel ander dinge oor nie,kan nie net gaan stap nie en dis wat ons van hou om te doen.Ons gaan probeer afklim want Liefie is af en die mall besoek,hoop ons kan by dit uitkom want daar was eers nog n noodgeval net nou maar lyk my alles uitgesorteer.Besef net weer ondervinding is nou iets wat maar net kom met jare ondervinding en praktiese kennis goud werd,so 10 uit 10 vir ons land se medisie,julle ken van raakvat wanneer dit nodig is,en die wa deur die drif kry. Gister was ek stom geslaan toe ouens hard in die biblioteek praat en n ou oom opstaan en vir hulle gaan se kan julle asb stil bly of uitgaan want die is n biblioteek en n plek van stilte,en wragtig die 3 het opgestaan en gelukkig vertrek sonder enige moeilikheid. Die ou lyf voel asof ek op n rek stok was en alles seer,orals!!!Arme liefie se kamer is weer vol van my vroumens goed!!,dis fotos,amanak,juwele ,sakke,naaldwerk goed,teken goed,lees boeke noem maar op en die lekkerste woorde is, ek is soooo bly jy is hierso xxx
So mooi loop tot volgende keer,nou tyd vir rugsak inpak en afklim.


No comments:

Post a Comment