Friday, 19 August 2016

New York

19 Aug 2016: New York City
Vanoggend vroeg hier aankom na n 15 uur vlug van Johannesburg wat glad verloop het sonder stampe en stote wat my laas in n knoop gehad het, van al die lugturbilensie.Ek is weg uit PE na n heerlike ete saam met my sussies, nogal in die Wimpy met n uitsig oor die aanloobaan.Toe ek wou laat weet ek is darem in JHB toe wys my selfoon, No Service! so dit het nie baie goed afgegaan nie en ek begin dink nou hoe nou en wat kan dan fout wees.Net daar besluit ek nou gaan ek terug na die vorige eeuw van tikkie boks telefone en wragtig eerste een stukkend,tweede een werk ,net om te se amper oppad en veilig.Nou moet jul weet ek het seker laas op skool wat 34 jare gelede is in die koshuis so n foon gebruik,so wat is die les ,moet nooit se nooit!!! met 2 rand kon ek my se, se,maar moet bieg het paar secondes gevat om uit te vind waar gooi ek die geld in!!!Was baie dankbaar toe ek op JFK kom en ek tel hulle netwerk op en is op die lug, so duidelik was daar weer n gremlin op Oliver Tambo en sy seine!!
Op die vliegtuig is ek saam met n span John Dere Tracker  boere wat ook oppad is Amerika toe en regte boere, my tipe mense met naam plaatjies en rugsakke alias Jan Botha en vroulief, mamma reis saam,sy help vir Daddy met die selfoon en al die dinge!!!Dis nou een ding van die reisery van my ek sit ek bekyk alles en almal en so beleef jy ook baie dinge en mense en kulture.
Daar op die vliegtuig begin ek laat aand na my aandete en wyntjie die fliek Big Fat Greek Wedding 2 kyk en wat n pragtige mooi fliek is dit nie, beslis n moet kyk,soooo mooi.Het ook die dokumenter oor Joost van der Westhuizen se lewe gekyk en natuurlik n traantje of twee gepik.
Vlug hierheen was rustig en so lekker om direk te vlieg,toe ek uiteindelik by die hotel uitkom is dit nog nie eens 9 uur nie en ek kan eens 3 uur die middag inboek of ek moet nog 25$ ekstra betaal,wat ek beslis nie gaan doen nie want net die een nag se slaap kos n plaas se prys ,so toe le die lang sit voor van 6 ure!!! en dis toe ek besluit om met my blog te begin.Snaaks hoe jy in ander lande baie anders kyk na kos en pryse,by die huis sal ek nie kyk na wat een piesang,een lemoen of een appel kos nie en hier in die hotel lobby le hulle elkeen apart en ek dink dit lyk lekker wonder wat kos hulle elkeen.? Sien baie uit na n lekker bad en bed So tot volgende keer,mooi loop.

No comments:

Post a Comment