24 Sept 2106: NEW YORK
Ek is vroeg van die skip af in New York op n koue dag en met n sterk wind wat waai ,so gelyk asof dit dalk ook kan reen ,so ek is weg met my sambrieel en ponchos net ingeval.Weer n ander pad na Central Park geneem wat vir my elke keer lekker is want is iets anders en nuut.Afgekom op n parkie so tussen die hoe geboue en lyk my n community projek om so tuin te maak tussen die geboue en was regtig iets besonders, so n klein groen oase hier in die concrete jungle ,is sommer lus vir gaan sit en dit geniet.Toe is ek verby Marther Luther King Hoerskool en die New York biblioteek,toe ek uiteindelik dink nee nou moet die park naby wees het ek gevra en gelukkig was dit toe net so 5 strate op van die waterfront.Daar is ek weer in op n plek waar ek nog nooit was nie en die park is reusagtig,vir my so mooi kry net nie genoeg nie,hou net aan en aan en sien aanmekaar iets anders.
Op n hoop akker blare afgekom wat so op n hoop gehark is en net gedink hoe lekker dit sal wees om dit vir my tuin te kon he!!!So met my rondlopery het ek op John Lennon se plaak afgekom wat se as al die wereld lande in vrede kon saam leef!!! min weet hy hoe dit nou gaan,ook maar goed so.Toe hoor ek musiek wat ook erens in die park is maar nie geweet presies waar nie,later sou ek hoor dat daar n groot konsert vanaaand in Central Park gehou word met baie bekende super sterre en met my instap in die park het ek die klomp kinders gesien wat so sit net buite die park al teen die sypaadtjie af maar nie besef dis juis hulle wat wag om kaarjties te koop vir die konsert nie.Toe is dit weer tyd vir terug beweeg skip se kant toe en ek is eers weer in vir supplies en n starbucks besoek waar ek darem vir n rukkie kon asem skep en n koffie kry.Moet erken ek verkies die strate weg van al die hordes want dis baie erg en besig so nou eintlik lekker want weet hoe en waarheen na al die rondloop.Was ook vinnig terug op die skip en tyd gehad vir n middag slapie voor ons weg is uit New York.More is dit weer n see dag so rustig en lui dag wat voorle.
26 Sept 2106: Halifax
Omdat ek vooraf gese is dat ek nie deur customs hoef te gaan nie kon ek vanoggend n bietjie later le maar net toe ek opstaan word ek gebel om te se nee hulle wil my sien en dit het my baie vinnig laat beweeg want wou nie he hulle moet vir my wag nie en wraggies net toe ek daar opdaag toe is dit nee wat nou nie meer nodig nie want was nuwe beamptes en hulle se nou weer dis ok,so toe is ek eers terug kamer toe om die deurmekaar plek reg te pak voor ek gaan eet het.Vandag yssig koud in Halifax en die winter is beslis aan die kom,en ek nie juis reg vir erge winter weer nie,dink ook dis griep kry weer want een dag warm en dan die skielike koue.Weer my sambrieel en poncho ingesit en gelukkig my kopband ingepak want was skaars weg toe maak ek my ore toe in die yssige wind,en gee nie om hoe ek lyk nie net nie lus vir oorpyn nie.Eers al langs die waterfront gestap en toe op teen die bult na die fort bo op die bult maar toe besluit om net om dit te loop en eerder weer na die dorpstuine te gaan wat ons laas in gietende reen besoek het.Is regtig n besondere plek met die mooiste en rustigste atmosfeer,water,blomme,bome,bankies,diertjies,eende,het beddings met dahlias wat blom en elkeen gemerk,die bye was omtrent bedrywig met hulle.Toe is dit tyd vir n lekker warm koppie koffie en net sit.Daarna is ek weer by n paar winkles verby en toe is ek in by die dorps biblioteek en wat n verassing,pragtige groot moderne geboue met alles wat oop en toemaak,hulle regtig so gelukkig om sulke fasiliteite in die lande te he,toe het ek eers rondgeloop en alles bekyk en was heerlik om na al die tyskrifte te kyk waarin ek belang stel.Daar het ek natuurlik vir n baie lang ruk vasgeval en sal beslis weer daarheen gaan.Teen die tyd was ek alweer stokflou gestap en reg vir terug keer skip toe,eers by die crystel works gestop en nog gedink om dalk ietsi te koop tot ek die pryse gesien het ,begin by 80$,so dit was die einde van dit.Daar was die mooiste lig wat lyk soos die kristal wat op die Titanic was en natuurlik presies dit waarvan ek hou.Toe is dit terug skip toe en net toe ons moes vertrek toe is dit weer tyd vir n passasiers wat gedisembark word, so ons is meer as n uur laat daarso weg.More is liefie af en ons sal saam kan rondloop in St John,beplan n ou biertjie en n lekker koppie chowder soppie ,veral in die koue.So tot volgende keer mooi loop.
27 Sept 2106: Saint John
Vandag regte eende weer en beslis nie rondloop weer nie,reen hard buite en lyk nie asof dit gaan opklaar nie so ons is weer in ons ponchos hier weg.Sal moet nuwes koop want die wat ons het het al n paar gate en lyk nie meer te fris nie,hoeka n baie mooi reenjas gesien by die markie so sal volgende week gaan kyk wat dit kos en dalk een kry.Hulle beslis hierso gegear vir ronloop en aangaan al reen dit ook hoe in die dele.Ek is weer in by die 2de handse winkel vir nog n boek en toe is dit starbucks toe en daarso twee lekker gemakstoele gekry en te heerlik daar gesit,eintlik stoele vir die wat brei!!!,n mandtjie met breiwerk tussen die stoele op die tafeltjie en lyk my as jy daarso sit kan jy paar rye brei en dan gaan die volgende een aan,nog nooit dit voorheen gesien nie maar ons het dit maar n skip gegee!!!Toe is dit weer die reen in en straat af terug skip toe,nie vandag so braaf in die weer nie,gedink n middag slapie in die koue weer klink na n beter opsie.
28 Sept 2016: Portland
In baie koue winderrige weer hier aangekom vanoggend,gelukkig net koud en toegetrek maar geen reen voorspel vir die dag nie.Liefie werk so ek net na customs weer die strate in vir die dag.Gelukkig het ek 3 tops ingepak en my kopband want ek was skaar buite toe trek ek alles wat ek het aan, met my kop band om die ore toe te maak en nog my serp,so omtrent gepanser teen die wind en koue.Vandag weer n ander koers ingeslaan in die dorpie en al langs die water af so teen die treinspoor en wraggies toe beloon met die klein treintjie wat verbygekom het,die spoor loop so al langs die see nes in Simonstad.Teen n styl bult op en toe daarso eers op die bankie gesit en asem skep met die mooiste uitsig oor die see en eilande wat om die dele is.Nogal gedink kan dalk lekker wees om so op een van die eilande te bly weg van alles en almal,sou graag wou sien hoe bly die mense daarso want baie bome en bos en gewonder oor diere op die klein eilande.Ook verby n bordtjie geloop wat se NO MOW AREA Bee&Butterfly Garden vir my te mooi en daar staan die blomme en grasse geil!!Toe is dit weer winkels toe vir n rustige rondloop,het ook vir my toast tongs gaan koop wat ek nog nooit gesien het nie.Teen die tyd toe voel ek koud tot op die been en besluit nou wil ek net skip toe vir lekker sop en dan onder die duvay om warm te word.Lyk my die bome hier is stadig met hulle verkleuring en hulle het min gereen gehad so hulle verwag nie juis n mooi show met die changing of the leaves nie,so dit sal maar moet wag vir n ander keer.Het my sop gekry en laat middag in die bib gaan sit met die mooiste uitsig oor die hawe en sommer daar bly sit tot en met sailaway,more is dit n see dag en die kaptein het ons gewaarsku dat hulle reen voorspel vir Newport so weet nie of ek dan gaan afklim nie,sal maar sien ,so mooi loop.
29 Sept 2016: @SEA
Vanoggend wakker geword met n see wat omgekrap is,ons omtrent aan die ruk en rol en verwag eintlik dat hulle dalk weer ons porthole se gat sal toemaak maar gelukkig nog nie dit kom doen nie.
Die oefen op n treadmill terwyl alles beweeg is nogal n storie en kos konsentrasie maar gelukkig dit oorleef en my oefen sessie ingekry.Toe is dit weer eetsaal toe en die see lyk nogal erg van so bo af met die branders wat uit alle rigtings kom.Het ook n paar dolfyne gesien wat oppad was erens!!! Toe ek in die kamer kom toe is die maintenance man hier om ons lekkende toilet reg te maak en was ek nou bly om hom te sien,nogal weird om jou toilet op sy sy en uitmekaar te sien ,was n eerste vir my.Het werk gekos om op die toilet te sit met jou voete buite die deur om nie in water te staan nie!!!!,was darem skoon water maar net die idee grillerig en mens verbeel mos vir jou is dalk toilet water!!!!Dink vandag gaan maar weer n bed dag wees en ek sal moet oppas anders kan ek dalk bedkoors kry.So tot more mooi loop.