17 Sept 2016: New York and @ SEA
Gister was ons vir nog n dag in New York om af te laai en ons volgende gaste op te tel.Net toe liefie wou afklim toe word hy geroep vir n pasient wat geval het en sy patella gekraak het, so het vir n baie lang tyd buite gestaan en wag.Wel so met die gewag het ek gestaan en kyk hoe dinge om my afspeel en wat n gedoente en deurmekaar spul.Daar was 3 skepe in die port so net mense waar jy kyk en waar ons afklim in Pier 88 is dit busse wat kom en gaan,mense wat op en afklim,aflewerings trokke wat ook kom en gaan en dan nog New Yorkers wat hardloop,fiets ry en stap in n spesiale baan wat reg langs al die goed, verbykom.Die van ons wat afklim word weggejaag tot oorkant die straat waar die taxis wag deur manne met fluitjies wat sommer die verkeer,toeriste,fietsryers hardlopers en stapper probeer beheer.Nou sien ek baie ouer mense,wat groot swaar tasse rondsleep,dan probeer hulle op hulle selfoon die taxi bel maar kan niks hoor nie want dit raas vreeslik om ons ,so dis chaos en dan stap hulle weg om van die geraas te probber wegkom en dan stap hulle voor die fiersryers in wat hulle dan weer vloek en skel so besef hierdie is nie die plek vir ouer, stadiger mense wat nie kan sien en hoor nie, heee heeee.Accident waiting to happen!!!!! Eintlik amazing as jy net so staan en dinge bekyk wat jy nie alles sien nie.Een couple het gelyk soos pakdonkies met al hulle bagasie en die sweet het hulle afgeloop met al die goed en om alles te kroon val die sak ook nog elke dan en wan van haar skouer af so sy sy was nie in happy place nie,tierkwaai toe die fluitjie man haar ook nog wegjaag tot oorkant die straat.Toe liefie uiteindelik arriveer was ek maar verlig en ons is straat op Central Park se kant toe.Het die stiller strate gevat wat toe ook lekkerder was en weer n hele paar nuwe dinge gesien.Toe ek natuurlik die 3 apies sien wat op n bank sit, wat wys see no evil,hear no evil,en speak to evil wou ek n foto he en dit het weer mooi praat gekos om dit gedoen te kry.Vinnig n draai by die Apple store gemaak en toe Central Park toe en weer met 7 th Avenue terug skip se kant toe.Eers ons voorrade aangevul by die supermark.
Vandag was weer n seedag en vanoggend wakker geword met die nuus dat daar gisteraand n bom afgegaan het in Chelsea New York nie ver van waar ons rondgeloop het nie ,so dit was nogal scary.Die bom het gisteraand so 8 uur afgegaan en ons gelukkig die middag 4 uur al weg uit New York.Die week gaan ons Woensdag Bar Harbour toe ipv Portland,hoekom dit so is weet ek nou nie maar ek kla nie want dit ook n baie mooi plekkie.Hopelik kan ons more die Halifax dorp tuine besoek want hulle se dis glo ook vreeslik mooi so sal maar moet wag en sien,nou ja tot more mooi loop.
19 Sept 2106: HALIFAX
Vandag op n mistroostige nat dag in Halifax aangekom,ek was gelukkig en moes nie weer deur customs gaan nie waaroor ek baie bly was,maar toe is ek eetsaal toe en daar het die wiele afgeval en het ek alles geeet wat my oe sien!!!!,bacon,worsies,en n toasty vir die heel eerste keer!!! seker maar die weer!!! moet iets die skuld gee.Besluit om af te klim van die skip en vir liefie te wag in die terminaal want hy moes eers n drill bywoon.Gelukkig n groot skuur met winkels so dit het my besig gehou tot liefie afgeklim het.Toe is ek en hy die state in met ons reen ponchos en sambrieel.Is bult op na die Town Gardens bo op die bult en toe ons daar aan kom, toe reen dit behoorlik!Baie mooi tuine en sal beslis weer die tuine wil besoek op n sonskyn dag,dink ook elke week sal die blare verkleur en al hoe mooier wees,net een boom gekry wat so n titsel oranje het.Om uit die gietende reen te kom het ons besluit om gou by die koffiewinkeltjie in te val vir n lekker cappuccino wat toe heerlik was.Na dit is ons toe weer af na die waterkant en daar kry ons toe hierdie doodstil,spieelgladde water en mis wat oor die hele gebied en water hang,so scary mooi.Toe by die Farmers Market gestop vir n koppie tamatie sop maar was nie so lekker soos my seekos een in Freeport nie.Gelukkig kon ek uieindelik op die seeport internet connect en paar boeke aflaai en fotos post voor ek terug is skip toe.Die warm duvay en bed het toe gewen nadat ek n heelike koppie tee gehad het.Die wolke buite lyk vir my omgekrap en soos stormweer,hoop ek is verkeerd so tot more mooi bly.
20 Sept 2016: Saint John
Gister oggend moes ons n uur later die hawe binne seil agv die lae watergety en dit was weer baie mistig.Ek is na ontbyt eers na die markie reg langs die skip en toe het ek n paar van die mooi deure in St John gaan afneem.Teen n baie stadige pas straat op en af en toe koffie gaan drink.Ook n plek ontdek waar ons volgende week seafood chowder kan gaan eet en n tweede handse winkeltjie waar ek toe 2 boeke gekoop het en duisende musiek plate het,vir my heerlik om so rond te snuffel in die tipe winkeltjies.Oppad terug skip toe het die mis weer skielik verskyn en ek kon ons skip nie eers onder in die straat sien nie,so erg was dit.Toe dit tyd raak om te vertrek het die kaptein ons ingelig dat ons vandag later gaan moet vertrek omdat die gety nog nie hoog genoeg is nie en dat die pilot gese het ons sal eers 10h00 vanaand vertrek en hopelik teen daai tyd is die gety hoer.Toe hy se met die huidige watervlak is daar net 1.5 m onder die skip speling ,was dit genoeg vir my!!!Ek en liefie het nog gespot want toe ons gearriveer het kon ons darem so n bietjie lug sien uit ons porthole en soos die dag aangegaan het het ons nog verder afgesak teen die hawe muur en net mossels gesien en n duk ketting!Darem laat die aand veilig uit St John weer see toe.More is ons in Bar Barbor waarna ek vreeslik uitsien want gaan die plek net eenkeer besoek op hierdie kontrak.
21 Sept 2016: Bar Harbor
Vanoggend op n pragtige dag hier aangekom, n mis wat rondhang maar kon sien dit was besig om te lig.Toe is dit eers weer customs voor ons die tender bote kon neem hawe toe.Omdat liefie hulle vroeg moes terug wees was sy tydtjie bitter kort en ons het teen die waterkant gaan stap en dorp om terug gestap waar ons gestop het vir Lobster Sop en roomys ,wat n kombinasie!! maar dit was heerlik net baie ryk,soos Ouma Babs sou gese het gal stories.
Hierdie regtig n pragtige plekkie en net te min tyd om alles te sien en te beleef.Beslis lobster wereld want net lobster bouys en bote waar jy kyk.Groot huise met die pragtigste tuine dink hier lewe hulle ook n rustige bestaan so saam met die seisoene of dis hoe dit lyk.Het vir ons n captains brass bell gekoop vir ons nuwe braaiplek by die huis en n dingetjie wat se: me and my old crab live here!!!Memories wat ons bymekaar maak so langs die pad.Stok flou gestap want liefie is 3 ure voor my terug skip toe en ek wou soveel as moontlik doen en sien omdat ons nie weer na die port toe kom nie.Is bederf met die mooiste sonsondergang na n lieflike dag met ons sailaway uit Bar Harbor.Dink vanaand slaap ek beslis soos n baba ,more is ons weer net op see en Vrydag weer in Newport,so tot volgende keer mooi bly.
22 Sept 2106: Newport Rhode Island
Vandag is ons weer met die tender bote deurmekaar en nog n groot skip le saam met ons in die baai so die dorpie gaan omtrent kook vandag met al die besoekers in een dag.Ongelooflik om te dink wat twee sulke skepe vir die ekonomie van so n klein dorpie beteken en dis net vir omtrent 6/7 ure en dan is almal weer weg,ai wens so ons kon sulke dinge na ons land toe bring maar daars geen manier met die veiligheids kwessie nie,toeriste is nie lus vir afklim en bang voel en net een aanval en dis die einde van dit.Ons het so baie om te bied as ek dink wat ons alles hierso sien en gaan kyk,en hulle sal mal wees oor die wilde diere en ons mooi kuslyn,mense,kos,kultuur noem maar op,sit op n goudmyn net jammer kan dit nie ontgin nie.Liefie was af vir die eerste keer in die plek so ons het bietjie rondgeloop en toe in n park rustig teen die water gaan sit en net die lieflike dag geniet!Hierso le ons sommer op die bankies of onder die bome, kry bietjie vars lug en son.Res van die week was ons ook baie gelukkig met die weer,lieflike dae en nie te warm nie.n Boek van Jodi Picoult begin lees en was so into dit dat ek dit nie kon neersit nie.More werk liefie in New York so ek gaan alleen wees vir die dag en wil bietjie padvat na n ander deel van Central Park en gaan kyk hoe dit daarso lyk en dan my winkel besoeke doen.Wens mens het langer tyd gehad om ander goed te doen maar omdat jy teen 2.30 terug moet wees op die skip gee dit jou nie juis tyd vir vasval nie,so n rit op die hop on hop off busse ,nie hierso iets wat ek sal doen nie want die verkeer meeste van die tyd crazy en verlede week was n hele paar strate toe na die ontploffings in Manhatten en vir hardloop sien ek nou nie kans nie!!!! Gister was n riller met ons toilet wat weer nie wou werk nie,maar dankie tog voor ons gaan slaap het was alles weer reg,verbeel jou om in die nag op te staan en hier uit te stap met jou pajamas en pragtige haardos opsoek na n toilet,not a pretty sight!!! Wel tot volgende keer mooi loop
No comments:
Post a Comment