10 Sept 2016: NEW YORK
Nie besef kan ook so warm wees in New York nie! Het vandag ook uitgekom by die Ripleys
Believe it or Not en Madam Tousse en sommer wild vreemdes gevra om vir my fotos te neem,die beelde lyk darem wraggies nes die ware jacob,jy kyk en kyk nog n keer.Toe is ek eers na M&M vir bietjie klere kyk en badkamer toe gaan!!! want om n toilet in New York te soek ,n gedoente.Na dit is ek eers na die parkie wat ek ontdek het en daar het eek eers lafenis in die koelte gesoek en net rustig gesit en die mense dopgehou.Die honde parkie vir my te koslik,en om te sien hoe hulle met mekaar speel,ruik en in die water gaan le,ken mos nie sulke plekke in ons land nie ,so n vreemde konsep.Daar was een groot vet bulldog wat te lekker met n groot bal gespeel het en elke nou en dan eers n dip in die water gevat het om af te koel,en tier kwaai as sy baas die bal wegvat en dan weer weg skop.Teen 2uur wou ek net weer terug kom in die koelte van aircons,so dit was die einde van my dag van rondloop.Met sailaway nie eers op dek 12 buite gesit soos gewoonlik nie want net te warm en bedompig.More net op die see so kan n goeie gym sessie inkry en dan bespreek om Maandag Peggys Cove te gaan besoek in Halifax so sien vreeslik uit na dit.Tot volgende keer mooi loop.
12 Sept 2016: HALIFAX Nova Scotia
Vanoggend eers weer deur customs maar die week heel vinnig deur en toe is dit die lang wag tot 12.30 om op my toer na Peggys Cove te gaan en toe die wifi op die kaai ook nog nie werk nie was ek nou glad nie beeindruk nie!2 skepe in die hawe so weet nie of dit is hoekom ons nie die wifi kon optel nie maar nou ja eers n draai gaan loop en toe is dit tyd om op die bus te klim.Ons is eers na die Fairview Cemetery waar 150 van die Titanic se slagoffers begrawe is,maar 1500 mense is dood in die tragedie en net 328 se liggame is gekry.Nogal sad om al die stories te hoor en elke graf gemerk volgens nommers soos hulle gekry is.Een jong man van 23 wat n violis was in die orkes William Denton Cox is ook dood en het bly speel tot die einde toe.Toe is ons weg na Peggys Cove n klein vissersdorpie so n uur se ry van Halifax.Die pad na Peggys Cove was vir my pragtig jy kry al die mooi klein rural huisies so al langs die water en voel omtrent asof elke huisi n jetty het met stoele en n bootjie vasgemeer en baie baie bos en bome.As ek reg onthou is daar net 40 permanente inwoners daarso en nie op die oomblik crayfish seisoen nie ,eers in November.Het vir my n lighuis gekoop as aandenking en vir my spesiaal want nog nooit n lighuis gesien met plek vir n kersie nie,so dit het my kop geswaai,iets anders.Het net n uur tyd gehad vir rondloop en wens so het meer tyd gehad want om net te sit en alles te bekyk sou ook so lekker gewees het dan neem jy mos dinge in en geniet eintlik die omgewing.Laat my nogal aan Clifton dink want groot klippe/boulders!Die see lyk maar vir my bietjie rof en dink jy omtrent aan die elemente oorgelewer as daar n storm is.So bly kon die plekkie besoek,baie spesiaal.Oppad terug het ons n ander roete gevat wat ook lekker was toe kon ons n ander deel ook sien,dink n rustige bestaan word hierso gevoer,maar ons toergids se 2 jaar gelede het hulle n baie erge winter gehad met hope sneeu en hy wil dit nooit weer oorhe nie,se dat daar was naderhand nie meer plek langs die pad om die sneeu weg te showel nie.Klink ook dat dit vir hulle nogal erg is om in die winter dan die driveway oop te showel se hy, het sy huis verkoop en bly nou op die waterfront in n apartment soos hulle dit noem en so bly hy hoef nooit weer snow te showel nie,se sy skouers was op en seer.Moet se ek het nog nooit aan dit gedink nie,as jy wil ry is dit eers die sneeu showel ,moet se klink nie lekker nie.
Nog n ding wat vir my so mooi gelyk het was baie van die huis het n jetty reg langs die huis en dan staan daar van die aridondeck houtstoele op die jetty,so kan net dink hoe lekker dit moet wees om daarso te sit so langs die water.Die huise is ook in die bos as ek dit so kan stel,agter die huise is net bos en bome op baie plekke sal ek se is dit soos kleinhoewes het n paar fotos geneem om te wys wat ek bedoel.Volgende week wil ek he ek en liefie moet die dorp se tuine gaan kyk en dit gaan n groot gestap afgee, nogal bult op van die hawe waar ons gedok is, so gaan my loop skoene moet aantrek.Nou ja tot more mooi loop.
13 September 2016: Saint John
Gelukkig eers 10 uur aangekom in die port so kon rustig gaan eet en kyk terwyl ons stadig inseil vandag.Liefie af so kon darem saam rondloop wat mos baie lekkerder is.Eers rondgeloop,na baie van die bekende plekke op die dorpie en by die ou mark gestop vir roomys en n tradisionele koekie ding maar dink nie sal dit weer koop nie! Toe is ons weer af waterkant toe waar met n groot gesmeek het liefie n foto van my met die moose geneem het,niks het verander nie hy haat fotos en wil piep kry as ek van hom een wil neem!Daarna is ons na Daves Kafee waar ons die local kreef rolls
probeer het,die warm een met botter en garlic was vir my heerlik en natuurlik die local bier ook,lyk my ons begin nou weekliks tyd maak vir n biertjie maar die kos duur en beslis overrated! Volgende week wil ek in die winkels gaan rondsnuffel en hoop more se weer beter as laas week toe ons in Portland was.Vandag was eintlik heerlik want koel gewees en rus vir rondloop.Moet nou eers vertel hierso sien jy baie snaakse dinge,vanoggend aan ontbyt tafel was daar n man wat een of ander ding in sy servet toegedraai het en dit toe wragtig in sy kamera sak probeer inprop het en was dit nou n gesukkel en gestoei en ek was natuurlik vrek nuuskierig om te weet nou wat was dit wat nou so belangrik is en in die sak moet in,kan tog net kos wees en ergste hulle gaan hom voorkeur as hy van die skip probeer afklim met enige kos en dit konverskeer!! Wonder of dit nie dalk n pynappel was nie!!!!!crazy man.Laat middag was weer tyd vir drama maar toe niks erenstig nie,n man wat bekend is met konvulsies wat vir ander wat dit nie ken nie erg is.Die Anthem of the Seas van Royal Carribean was saam met ons in die hawe vandag en wraggies hy is huge maar sodra ons in die see invaar dan word hy sommer net n klein spikkeltjie in die groot oseaan.Nog net 4 weke dan is dit tyd vir huis toe,kan dit nie glo nie,so vlieg die tyd ook verby.So tot more.
14 Sept 2106: Portland
Vandag was dit weer tyd vir Amerikaanse customs voor ons die groen lig gekry het om af te klim.Moet erken dis nogal irriterent om 3 keer n week deur customs te gaan maar wat kan mens doen.Hulle het n arme man voor my beet gekry oor wat hy hier kom doen en hoekom so baie keer die land in en uitgaan en aan en aan gegaan en om alles erger te maak kon hy nie lekker engels praat nie,toe moes hulle n tolk ook nog gaan soek,ek was skoon op my senuwees vir sy part.Vandag n heelike dag na verlede week se reenweer.Baie mooi winkeltjies met die pragtigste goed,wens ek het n lee tas en n sak vol $ gehad.Het ook goed gesien wat ek volgende keer vir liefie wil gaan wys en sien nou eers ons is volgende week in Bar Harbour en eers die week na dit weer in Portland so hy eers oor 3 weke af in Portland.Eers laat middag weg en moes wag vir n groot tenk skip wat net voor ons vertrek die hawe binnegekom het.Op n kaart gesien dat hierso vreeslik baie klein eilandtjies is so die pilot moet sy storie ken,dis verseker.Pragtige sonsondergang vanaand en ek het net te vroeg kamer toe gekom om dit af te neem en moes maar tevrede wees met dit kyk uit ons porthole.More is dit n seedag en dan weer Vrydag in Newport en liefie af so bly oor dit.
16 Sept 2016: Newport,Rhode Island
Gister was net n rustige dag op die see, teen n slakke pas.Vanoggend weer met die tender bote land toe en was n heelike koel dag in Newport.n Ander deel van die dorpie bekyk en tyd gehad vir winkels besoek.Die woonbuurte is vir my regtig so mooi met hulle pragtige huise en porches wat so aanloklik lyk,hulle doen moeite met dit en jy kan sien op baie van hulle word daar baie gesit en gekuier.Pos pakkies word sommer so by jou vooredeur gelos op die matjie ,so lyk my hulle verdwyn nie!!! Het ook die Marine Dockyard besoek want gesien hier is iets aan die gang en sommer net ingestap,net om te besef duidelik nie die plek vir my nie want hierso is n exspo aan die gang vir mense wat belangstel in die koop van seiljagte en bote,groot groot bote!!! Nie te min ek is daar in by een van die eetplekke en het vir my clam chowder bestel,flippen $5 vir n halwe soplepel van die sop!!!!!!
Was heelik maar wraggies net hopeloos te min,my net lus gemaak,gevoel ek wil die klein koppie uit lek!Kon darem ook wifi ,so vir n rukkie daarso vertoef met n uitkyk op die grand seiljagte wat te koop was.Lyk my die is ook die plek waar die American Cup wat seiljagte betref gehou word,die bekende een.Die Newport Mansions ook n groot aantrekkings in die deel.By n winkel uitgekom met die mooiste goed vir mens se huis en alles te doen met die see,ai ai.
Het verlede week die lekkerste seep ontdek en is vandag terug om nog 5 koekies te koop vir ons volgende 5 weke!!Stort darem met seep wat jou soos n koning laat voel,ruik heerlik en sag op die vel,iets besonders Simply Be Well face and skin soap.
Wie sou nou kon dink dat iets so klein soos n koekie seep hierso n groot issue is of iets wat ek bitter baie waardeur.
Toe ek by die hawe kom vir terugkeer skip toe met die tender bote is almal op dieselfde tyd lus vir terugkeer skip toe ,so moes n rukkie wag voor ons almal kon klim en tergukeer na ons huis op die see. Nogal n mooi rit terug skip toe so tussen al die bootjies wat le in die hawe gedeelte en natuurlik was daar weer een &^%$ wat met sy groot plat speed boat kom brul en raas het met n naam wat ek nie kan herhaal nie! Nou ja tot more mooi loop
No comments:
Post a Comment