30 Aug 2016: MIAMI
Min het ons geweet hoe die aand sou verloop toe ons in die bed klim gisteraand,want ons was skaars in die bed toe liefie geroep word vir n pasient wat aktief bloei,bo en onderuit en toe is dit vinnig dink en reageer om die vrou weer op land te kry vir die regte behandeling,hoekom hulle opdaag as mens klaar die land verlaat het sal mens ook nie verstaan nie maar nou ja so gaan dit en seker alles deel van skip lewe!Om haar op land te kry het toe n coastguard boot gekos om uit te kom skip toe en haar op te tel in die middel van die nag en dit alleen n uitdaging ,omdat die verskil in watervlak te groot was moes hulle een van die rescue bote laat sak en gebruik om die pasient op die coastguard boot kry, so wat n gedoente!!!So ons het min geslaap en net toe ons aan die slaap raak toe soek die kaptein weer vir liefie.Baie kort nag gewees.Vanoggend laat in Miami aangekom na al die drama en die weer omgekrap,reen beslis oppad.Ek het bespreek om op die Hop On ,Hop Off bus die midde stad rit te doen,ons is opgetel by die skip en na die waterfront geneem waar ons toer begin het.Het bo buite gesit en was vir my lekker net baie warm en omtrent geduck en dive met al die bome op die rit,dink eintlik baie gevaarlik want as jou kop een van die bome of takke tref kan jy baie seer kry of dalk n oog verloor of nog erger mors dood wees.Ek is bevrees lyk my my gehoor besig om in te gee want ek het so gesukkel om te hoor wat die toergids gese het kon omtrent niks hoor nie so dit was n jammerte.Verby pragtige woonbuurte gery en alles gras groen,huge huise en tuine.Ook na Little Havena ,net nie tyd gehad om die Kubaanse koffie te gaan proe nie want hulle se dit is vreeslik lekker.Dis nou een ding van Miami ,hierso is dit nat ,groen ,baie warm, bedompig en palm bome net waar jy kyk.Sou baie graag al drie bus roetes wou gedoen het en n dag vir elkeen wou gehad het.Gelukkig het ek genoeg tyd gelaat vir wag om die bus te vang en dan weer terug te kom in die waterfront waar ek weer n bus moes vang terug skip toe.Ek was ook net terug op die skip toe maak die hemele oop en dit stort reen,so was bitter bly ek het dit gemis en kon dit net sien uit my porthole.Vergeet om te se Sondag aand was seekos aand en ons is so bevoorreg om prawns te eet tot jy genoeg gehad het,so ons het ingeklim!!!voel eintlik onwerklik.
31 Aug 2016: NASSAU
Vandag was ons laaste dag in die Bahamas voor ons noord seil, Kanada se kant toe, tot die middel
Okt. Het eers my rondtes in die winkels gedoen maar toe besluit om eerder by die Graycliff Hotel in
te book as n dag besoeker waar jy dan $25 betaal en heel dag by hulle swembad kan deurbring met free wi fi het en dan nog bedien kan word met heerlike drankies en pizza indien jy sou wou.Wel ek was net betyds om n lebank te kry in die skaduwee en onder n sambrieel langs die pragtige swembad voor die hordes crew gearriveer het.Dit is beslis hulle uithang plek en kuier plek as hulle af is vir die dag in Nassau,so ek het soos n ouma gevoel tussen al die jong mense wat te lekker swem,cocktails drink,pizzas eet en kuier,losgelaat van die skip en al sy verantwoordelikheid,te minste n baie intertaining dag gehad om hulle dop te hou.Teen laat middag was dit bewolk en ons weg uit Nassau diep see toe.Ons is gewaarsku dat die see rof kan wees en hoor dat daar n moontlike hurricane aan die broei is so hoop regtig ons paaie kruis nie,wil ook lyk asof dit dalk New York se kant toe kan uitbrei,gelukkig se hulle hy verloor sy krag sodra hy kontak maak met land nie dat dit vir my enigsins beter klink nie,ons ken mos nie die goed nie .
1 Sept 2106: @SEA
Rustige dag op die see en ek en liefie kon saam gaan gym wat baie lekker was,so hy het ook sy oefening ingekry.Die mediese span het plek bespreek vir aandete by die Chinese Restaurant vir 21h00 die aand maar laat middag het daardie gevreesde code Alpha oor die sisteem gekom en dit was toe ook die einde van n geeet en n hele nag se slaap.n Man het in een van die restaurante gekla van n vreeslike pyn in sy nek en dit was toe n hartaanval wat uiteindelik uitgeloop het in n volle intubasie en geventileerdery van die man. Was toe n vreeslike gedoente want agv die hurricane kon niemand uitkom in die weer om die man te kom optel nie so hulle moes maar doen wat hulle kon op die skip en het gese hulle sal dalk more so teen 12h00 vir hom probeer optel .So niemand in die mediese span het heel nag n oog toegemaak nie,en n baie stressvolle nag vir almal betrokke ,personeel en familie.Ongelukkig is die man toe vanoggend teen 9uur oorlede en toe begin die volgende lang proses van 100de vorms invul en alles wat saam met dit gaan.Met so n dood aanboord sal die FBI more in New York ook aanboord kom om te kyk dat daar geen ongerymte dinge gebeur het nie en dat alles moontlik gedoen is om die man te probeer red,regte prosedure en behandeling gegee is.So dit alleen erg genoeg.
Die see darem nie vir my baie erg nie en dit klink asof ons die hurricane agter gelaat het of onder hom uitgeseil het want op TV lyk dit maar baie erg.Om te dink dat ons Dins in Miami was, so ook dit net net gemaak!!!Hopelik sal ons vanaand n goeie nag inkry en dan more is dit New York en liefie af ,so wil kyk of ek hom op n perde kar rit om Central Park kan inpraat,net die tyd sal leer of ek dit gaan regkry!!! en hopelik n ou fototjie van ons twee!!!So tot more mooi loop.
No comments:
Post a Comment