Saturday, 15 October 2016

7 Okt 2106 Newport Rhode Island

7 Okt 2016 : Newport Rhode Island
Nog n pragtige sonskyn dag met water wat so glad soos  n spieel is en dis moeilik om te dink dat net n bietjie verder suid is dit chaos met Hurricane Matthew met sy wind,reen en onstuimige see.Ons is vandag vroeg af en toe is dit tyd vir hotel besoek vir n lekker Frappicino en so n draai loop al teen die waterfront in Newport.Gou n foto geneem gekry voor n standbeeld waar net die mannetjie se voete uitsteek uit n brander,nog nooit so een gesien nie en toe is dit tyd vir die roomys winkel.Daar het ek darem weer n foto geneem gekry van liefie en sy geliefkoosde roomys.Die dorp was heelwat stiller as verlede week toe meer skepe in port was.Verby bome wat se stamme toegedraai is met mieliestele met stronke aan hulle??? seker deel van Halloween of so iets wie weet!!,sien ook al hoe meer pampoene voor winkles en op stoepe van huise,so ek neem aan Halloween oppad.Terug op die skip was dit weer middag slapie en toe dit tyd raak vir diep see toe toe lig die kaptein ons in dat die anker van die skip vassit aan n kabel en dis nou eers stoei om ons los te kry van dit voor ons kan padvat,en dit het ons seker een en n half uur opgehou voor hulle lyk my ons losgekry het en ons kon wegkom,letterlik en figuurlik!!!Nooit gedink aan sulke goed nie maar gelukkig darem losgekom en ons is met sononder weg uit Newport.Pragtige uitsig met die brug wat verlig is en nog een ander skip met sy liggies aan.More is dit weer New York en my laaste week op die skip, gaan sommer as ek afklim volgende Saterdag op n New York toer gaan wat my dan by die lughawe aflaai en vandaar kry ek die hotel shuttle na die hotel.Kan eers die volgende dag vlieg want soos ek vroeer gese het het nie meer die senuwees vir dinge fyn sny en dalk vlugte mis nie, seker n teken van die tye!! tot volgende keer, mooi loop.

8 Okt 2016: New York
Wel my oggend het begin met n Hallo Granma!!!! met my stappery winkels se kant toe,so dit het nie te goed afgegaan nie maar nou ja beter gewoont raak aan dit!Kan nie glo my laaste rondloop in die pragtige stad nie maar het dit benut.Is op na 5 th Avenue waar ek by die New York Public Bib uitgekom het en wat n belewenis was dit nie,absoluut pragtig en asem wegslaan mooi en ek kon in een van die pragtige kamers rustig sit en wifi.Oooo ek is n regte sucker vir die pragtige ou geboue en ligte.Het seker 2 ure daarso spandeer en toe besef nou moet ek roer want wil nog ander draaie loop.Toe is ek al langs die bekende 5 th Avenue na Rockerfeller Sq en daar was hulle besig om die ysring op te slaan vir die komende vakansie en Kersfees seisoen,besef dit sal ek nie eers kan probeer nie want dink dis bene breek stories as jy val.Kersfees liggies is hier en daar al op en ook n bordtjie Christmas in New York,dis nou een wens om Central Park te beleef as dit spierwit is,miskien eendag.Oppad terug skip toe is ek in by Clinton Community Park en dit was weer vir my so spesiaal want dit was n mengel moes van plante en groente en baie voels en tot bye korwes en heelwat bye,nie te naby aan hulle gegaan nie , presies wat jy verwag van so n mooi tuin.Hier en daar het mense op die bankies gesit,taking a break in die natuur tussen die concrete jungle!!En so het my laaste rondloop aangebreek en is ek terug skip toe vir ons laaste week na Kanada want volgende Saterdag klim ek af en die skip gaan af en doen aan by die volgende ports of call,San Juan Puerto Rico,St Johns Antiqua,Basseterre St Kitts,St Maarten,St Thomas, soos hulle dit noem n 8 day Eastern Carribean toer.More is dit n see dag so mooi loop. 

10 Oktober 2016: Halifax
Kyk hier hoor en sien jy dinge wat soms ongelooflik klink,gister was daar weer mense wat saam kom seil het vir n week wat mekaar nie baie goed ken nie en wragtig daar drink die een vrou haar op die eerste aand saam, in so n toestand dat sy uitgepas het en die kamer so bemors!!!Ek kry 
stuipe!!! en ergste is hulle moet nog heel week saam seil,kwaad of te nie,weet nou nie of die vriendsakap die eerste nag en drama gaan oorleef nie,net die tyd sal leer.Vandag is ons in Halifax en dit reen hard,is koud en winderig, so regte eende weer en beslis nie toeriste vriendelik nie!Ook nie weer waar jy op die diep see wil wees nie maar nou ja,seil moet ons seil!!Gelukkig wou ek net gou n draai maak in die gebou reg langs die skip en my ander draaie het uitgereen want ek sien glad nie kans om in die stort reen rond te loop nie.More is dit die laaste keer dat ek en liefie saam in n port af is ,so hopelik sien ons darem bietjie son.Vamiddag gaan ons verseker onder die duvay eindig in die weer.So tot more,mooi loop.

11 Oktober 2016: Saint John Canada
Well what a night! die kaptein het ons darem gewaarsku voor ons diep see toe is dat die see omgekrap is met erge wind en hoe deinings en ons het hoogetrap toe ons op is vir aandete het omtrent konsentrasie gekos om te stap met n bakkie sop,die kant toe en dan daai kant toe,nes n dronk mens.Dink daar was n paar wat glad nie lekker gevoel het nie maar gelukkig is ons twee ou skipkatte al gewoont aan dit en ons het te lekker geslaap.Na n lesing wat liefie moes gee is ons weer die strate in op n baie mooi dag maar koud ,6 grade hierso vandag gewees.Gelukkig kon ek vir liefie ompraat om vandag n paar fotos te neem want ons laaste dag wat ons saam af is.Die bome begin nou verkleur en net n entjie van die skip was daar n straat met die mooiste bome met bloed rooi blare.In die begrafplaas parkie het ek te lekker blare rongegooi onder my spesiale boom wat ek tot van my laaste besoek hierso onthou hy weer die mooiste oranje kleure maar ook amper kaal soos hy blare afgooi.Daar het ons ook vir n rukkie in die parkie gesit en net dit ingeneem en geniet.
Ek het my weeklikse draai by die 2de handse boekwinkel gemaak en toe is dit weer starbucks toe voor ons terug is skip toe.More is ons in Portland en die weer gaan glo mooi wees,so tot more mooi loop.

12 Oktober 2016: Portland
Vanoggend is ek vir die laaste keer deur customs op die skip en was te lekker om te se nee gaan 
Saterdag huis toe. n Lieflike dag en heerlik vir rondloop of moet ek se rond drentel!Sommer net na plekke gegaan waar ek nog nie was nie en n wye draai gestap.Die strate was besig en hope toeriste in die dorpie.Na n lang sit in Starbucks is ek toe weer terug skip toe vir n lekker middag ete en toe weer kooi toe vir ons middag slapie nes ou mense!!!Ons vertrek vamiddag is amper laat agv die gaste wat nerens te vinde was nie maar lyk my hulle het hulle toe uiteindelik opgespoor.Met sailaway vamiddag was daar weer die mooiste sosnondergang van pienke en oranje kleure en is amper weer volmaan!More is dit n seedag so tyd vir die gym wat ook die laaste keer sal wees voor ek afklim en dan Vrydag is ons weer in Newport.

13 Oktober 2016: @SEA
Gisteraand het ek saam met die mediese span gaan uiteet en dit was n dood eet en n baie lekker aand,gewees ,lekker gelag en gesels en stories gehoor van lande soos Serbia en Columbia.Dinge soos kos,tradisies,woorde vir verskillende goed,baba goed en sommer n hele verskeidenheid dinge.Ook weer fotos geneem wat ek sal pos sodra ek dit kry.Die kos was ongelooflik lekker allerhande verskillende soorte vleise hoender,vark,skaap,bees noem maar op en heel laaste dan die pynappel wat met bruin suiker en kaneel besprinkle is en gebraai en dan nog poeding na dit ook nog.Ek het darem n glasie rooiwyn ingekry wat baie lekker was.So gelag vir die een waiter  toe hy met die hoender aan kom toe vra hy wil jy die linker of regter been he!!!!! en toe ons vir die pynappel geheim vra en hy se nee dis n secret, toe se die een verpleegtster vir hom nee dis dood reg as hy vir pyn medikasie kom sal sy onthou van die geheim!!!!! Toe is dit tyd vir bed toe na die vreeslike geeet !!!More is dit my laaste dag in Newport en dan is dit pakdag .Kan nie glo die 8 weke is ook nou verby nie maar is baie opgewonde oor huis toe gaan.Ek klim Sat 8.45 af en dan gaan ek op n toer na  n paar New York bekende plekke voor ons die middag afgelaai word by JFK.Dan is dit hotel toe vir my voor ek Sondag vlieg.Die skip nou klaar met die New York en Kanada run en is oppad suid na Puerto Rico en Kariebiese eilande vir sy volgende roete.Glad nie vir my lekker om vir Liefie agter te los nie maar nou ja op die oomblik deel van ons lewe maar gelukkig kom hy oor 2 weke ook huis toe,so tot volgende keer mooi loop.

14 Okt 2016: Newport Rhode Island
Gisteraand net toe ons aan die slaap raak toe word ons weer wakker gemaak met daai gevreesde woorde code alpha en dit was die einde van slaap vir n hele rukkie!Vanoggend lui en moeg wakker geword na n baie kort nag se geslaap.Die wind stoot buite en gaan die tendering van die passasiers na die hawe moeilik maak in die reddingsbootjies.Dinge het maar baie stadig gegaan en ons het eers laat aan wal gekom maar ek is toe dadelik weer aan die stap en eers afgekom op honderde pampoene wat te koop is by die Metodiste Kerk vir fonds insameling vir Halloween versierings.Vir my nogal mooi gewees al die pampoene wat so uitgepak is op die grasperk.n Laaste draai in die winkles gaan stap en in n ander deel van die dorp. Ek is vroeg weer terug skip toe en nou is dit tyd vir tasse nader sleep.So tot more mooi loop 

15 Oktober 2016: New York 
Wel en so kom my 8 weke ook tot n einde op die New York en Kanada roete.Wakker geword toe ons dok in New York en toe moes liefie nog my tasse in die gang gaan uitsit want gaan op n toer vandag en kan nie met die swaar tasse by die bymekaar kom plek aangedrentel kom nie.Liefie moes n nuwe skaaltjie gaan koop want ons een wou nie werk nie en ek wil weet wat die tassse weeg,was baie skepties want liefie stuur my huis toe met omtrent 8 medies boeke wat vir my soos n sak 10kg aartappels voel en ek glad nie beeindruk nie!!! Presente ja maar mediese boeke,neee!!!Baie verlig toe ek sien maak darem die gewig kwota net net.Die keer n ekstra sak waarin ek n paar momentos indra wat ek nie in my tasse wil sit nie so gaan soos n pak donkie lyk en voel,2 tasse,n rugsak,fanny bag,en nog n los sak in die hand!!!Eers gou n laaste lekker ontbyt gaan eet en toe is dit afklim tyd en groet tyd wat nooit lekker is nie.Ek is toe op die toer Tour of the Big Apple en het dit vreeslik geniet,ons toergids was so oulik en whitty.Vir my was die hightlight die stop by 9/11 memorial site maar net heeltemal te kort en dis storie van die peer boom so mooi.
Wel min het ek geweet wat wag vir my by die aflaai punt by die lughawe,toe ek daar kom toe word ons ingelig dat die lugtrein nie vandag werk nie en ons moet die lugbusse neem na al die verskillende stasie op die JFK lughawe,nou probeer die prentjie sien!!!! Die tasse is al klaar so swaar dat jy hulle net net gesleep kan kry en jy is gelaai soos n pak donkie voor, agter, en langs die kante!!! Nou moet jy met al die goed met n trappie op tot in die airbussie en hope mense stamp en stoot om plek te kry sodat hulle betyds kan uitkom by hulle terminale om hulle vlugte te kry.Die eerste 3 busse verpas ek want ek is te ordentelik en het nog nie moed vir die tasse optel en die bus bestyg nie,maar glo my na bus nr 3 wegry besluit ek nee wat hier moet mens maar varklik wees en stampen stoot anders staan ek vanaand nog hier en daar gaan ek,na n vreeslike gesukkel kry ek die tasse gelig en bly staan net daar waar ek op die bus klim en die deur my stert vere toemaak in die deur!!Toe is dit tyd vir asb Here kan die volgende stasie net net Federal Circle wees waar ek moet afklim en my hotel shuttle moet kry nie.Wel my gebed is beantwoord en ons volgende stop was toe Federal Circle,busse en mense net waar jy kyk en mense warm onder die kraag.Onthou nou almal moet nou met hulle bagasie op die busse klim om op enige plek uit te kom op die lughawe en party het meer as 2 tasse so dis n nagmerrie.Na n halfuur se gesit begin ek dink nou hoekom sien ek glad nie enige hotel shuttles nie en ek weet ek is op die regte plek want dis waar ek laas hulle gekry het, net om te hoor  na n halfuur hulle het die hotel optel plek geskuif vir vandag agv die airtrain wat nie werk nie!!!!Nou ja toe is dit weer pad vat met my trek na nuwe oplaai plek en dankie tog toe ek daar aankom toe is die hotel shuttle nog daar en ek is dadelik op die bussie.Het ook uitgevind wat n taxi kos want het eers gedink dit gaan dalk beter wees as om in die massas te probeer opklim op die airbusse maar toe ek hoor dit kos $54 het ek van plan verander,crazy.
Darem veilig by die hotel aangekom en kon dadelik inbook so het darem n kamer vir die nag en more oggend is dit weer ek en die JFK lughawe en dan huis toe!!!!!!!!!!

So tot volgende keer,mooi loop en wie weet waar dit gaan wees,mooi loop.DIE EINDE!

Friday, 7 October 2016

1 Okt 2106 : New York

1 Oktober 2016: New York
Die son bly weg en dis nog n grys,koue dag met reen in die lug,14 grade in New York so lyk my die winter kruip nou nader.Gelukkig kon liefie vroeg afklim en ons is dadelik Starbucks toe om bietjie rustig tyd op die internet te kan spandeer sonder om heeltyd na jou horlosie te kyk.Het n nuwe drankie ontdek wat heerlik is Frappecino of so iets ,koud en lekker ,dink nie dis te gesond nie maar beslis lekker en sal dit aangeveel. Was vandag vir die eerste keer in n grand supermark in 10th avenue waar die locals shopping doen en moet erken hulle vars vrugte en groente displays lyk nogal mooi,jy sommer lus vir koop en eet.Ons kon nie ons coolaid koeldrank kry wat ons drink nie toe is dit nog rondloop opsoek na dit maar ook tevergeefs, so moes met plan b tevrede wees.Toe is ons na n parkie nie ver van ons dok nie en eers vir n rukkie daarso gesit en toe terug skip toe,ook maar goed want net toe ek in die eetsaal op dek 12 kom toe trek dit toe en dit begin reen.n Middag slapie was toe n goeie idee en daar het ons bly le totdat liefie moes opstaan vir werk.Tot more.




3 Okt 2016: Halifax
Gister was ons in Halifax op nog n baie koue dag,kan sien hoekom hulle in die dele ingerig is vir erge koue want hierdie is maar die begin en dis vrek koud,ysige wind so mussies is hierso n moet ander sal jy beslis rondloop met oorpyn.Ons is dadelik na die bib en daar het ons gebly want het ook n cafetaria waar jy lekker goed kon koop en die gerief van warmte en gemak stoele!Dis beslis n lekker plek om tyd te spandeer veral op sulke koue winderige dae waar buite rondloop nie lekker is nie of te minste net vir n kort rukkie.Kry eintlik die winkeltjies ook jammer op sulke dae want die koue beinvloed beslis hulle verkope, op ons pad terug was daar maar min mense wat rondloop en die musikante wat gewoonlik ook orals so langs die water sit en speel ,was ook nerens te sien nie.

4 Okt 2016: Saint John:
Eers 10 uur vanoggend hierso aangekom op n pragtige sonskyn dag waaroor ek baie bly is want na al die toegetrekte reenerige dae bly vir sonskyn!Met ons aankom in die port vandag was daar reeds 2 ander skepe toe moes ons met 3 de plek teevrede wees en dit was om te dok heel onder in die dorp en nie die beste plek nie.Was in n regte hawe dok area met niks in die omtrek en moes 10/15min  stap tot in die dorp.Ek is eers na die tuine in die middedorp en weer na die begrafplaas om te sien of die bome nie al begin het met hulle display nie maar eks bevrees net die een ou boompie het al begin verkleur in die pragtige helder oranje kleure.Daarna is ek deur die ou mark en rondgeloop in die mall voor ek terug is skip toe.Was nie vandag baie lus vir exsplore nie, lui geraak,lyk my dis tyd vir huis toe gaan!Met my aankoms by die skip was dit eintlik snaaks om te sien dat die skip se gangway nou baie hoog is,vreeslik styl  want hierso is die gety mos erge uitterstes en het baie gesak vandat ons vanoggend hier gedok het.Die arme rolstoel ouens het 2/2 stoele opgestoot teen die styl gangway!
Sailaway was eers 6 uur en het buite gaan staan op dek 13 om n paar fotos te neem van die pragtige sonsondergang,dis nogal spesiaal om so op die dek te wees terwyl mens uit die hawe uitseil.Die kaptein se more se weer is weer lekker sonskyn en het ons ook ingelig oor die erge hurricane wat amok maak in die Karibiese eilande, Hahiti en Cuba hoop hy uitgewoed as ons weer in New York aankom Saterdag want hy ook oppad na Florida so Miami ook in daai dele,regtig scary stuff.Tot more mooi loop.

5 Oktober 2016: PORTLAND
n Lieflike dag in Portland maar n koue windtjie wat waai.Vandag word die hele skip deur immigration geraak en ook al die personeel so dis n lang storie en toe ek deurgaan toe vra die man vir my hoe gaan dit daar in julle land toe se ek oooo waar sal ek begin,en hy chirp ja nee so het elke land sy  dinge!! Toe ek in die kamer kom is hulle besig met n onderhoud met Pieter Dirk Uys en het ek dit nou geniet,hy is darem ongelooflik en so skerp as kan kom met sy Evita karakter,tot sy onderhoud voerder het hom geniet.Sy laaste  namaak was n Tutu stem en laggie en die woorde please dont fly away Tutu ,we need you!! Koslik.Wel nou sit ek en wag vir liefie voor ons kan afklim want hulle lot gaan laaste deur customs maar gelukkig seil ons eers vanaand 6uur so hele dag tyd.Wat n teleurstelling teen 14h00 was hulle nog nie klaar met customs nie en die crew moes weer teen 15h00 terug wees op die skip so ons het besluit om eerder n middag slapie te vat en nie lank gevat nie toe is ons in droom wereld!!Met sailaway vamiddag het ek op dek 13 gaan staan en paar fotos geneem was pragtig maar vrek koud,my 2 de laaste besoek aan die plekkie,volgende week laaste keer.More n see dag en dan is dit Newport,hopelik beter weer as laas en dan wil ek weer nuwe draaie gaan stap op plekke waar ek nog nie was nie.Ook nou geleer kan niks tot op laaste besoek los nie want weet nooit hoe die dag gaan verloop nie.So tot more mooi loop.


6 Oktober 2016: @ SEA

Vandag is dit net ons en die wye see mekaar se geselskap darem weer n paar dolfyne gesien.Gewone tyd opgestaan en toe is dit weer gym toe vir my 2 de laaste week van oefen,het die roei masjien ontdek en geniet dit vreeslik nou nie seker wat hy presies alles werk nie maar vir my lekker.Het ook n bietjie verneuk vandag en nie my gewone roetine gedoen nie!!! gouer eetsaal toe vir ontbyt en maar weer geswik voor die worsies en bacon,se mos nou vir myself ook dit is nou amper verby so enjoy while you can!!!Moet mos dinge regverdig!!Op TV is dit net hurricane stories oor en oor genoeg om jou senuwees op te maak maar lyk my ons bly uit sy pad uit en is te ver noord van New York en dit lyk asof hy gaan indraai see se kant toe nadat hy noord van Florida n draai gemaak het.Bitter bly ons is uit die land as dit verkiesings tyd is want hulle maak jou mal met al hulle sleg se,stories,die een het nie n goeie woord vir die ander een nie,nogal erg maar dis seker hoe dit in die politiek gaan.Liefie gaan weer suid as ek afgeklim het so hoop nie daar is nog storm oppad nie en Danielle hul se skip moes hulle itinary verander om weg te bly uit die hurricane se pad,so lyk my hulle hang rond in MEXICO  se omtrek tot hy koers kry!More is ons in Newport so ek en liefie sal lekker kan gaan rondloop en dink gaan hom by die roomys winkel gaan bederf want dis nou een swakheid roomys!!!Tot more mooi loop.

Friday, 30 September 2016

24 Sept 2016: NEW YORK

24 Sept 2106: NEW YORK
Ek is vroeg van die skip af in New York op n koue dag en met n sterk wind wat waai ,so gelyk asof dit dalk ook kan reen ,so ek is weg met my sambrieel en ponchos net ingeval.Weer n ander pad na Central Park geneem wat vir my elke keer lekker is want is iets anders en nuut.Afgekom op n parkie so tussen die hoe geboue en lyk my n community projek om so tuin te maak tussen die geboue en was regtig iets besonders, so n klein groen oase hier in die concrete  jungle ,is sommer lus vir gaan sit en dit geniet.Toe is ek verby Marther Luther King Hoerskool en die New York biblioteek,toe ek uiteindelik dink nee nou moet die park naby wees het ek gevra en gelukkig was dit toe net so 5 strate op van die waterfront.Daar is ek weer in op n plek waar ek nog nooit was nie en die park is reusagtig,vir my so mooi kry net nie genoeg nie,hou net aan en aan en sien aanmekaar iets anders.
Op n hoop akker blare afgekom wat so op n hoop gehark is en net gedink hoe lekker dit sal wees om dit vir my tuin te kon he!!!So met my rondlopery het ek op John Lennon se plaak afgekom wat se as al die wereld lande in vrede kon saam leef!!! min weet hy hoe dit nou gaan,ook maar goed so.Toe hoor ek musiek wat ook erens in die park is maar nie geweet presies waar nie,later sou ek hoor dat daar n groot konsert vanaaand in Central Park gehou word met baie bekende super sterre en met my instap in die park het ek die klomp kinders gesien wat so sit net buite die park al teen die sypaadtjie af maar nie besef dis juis hulle wat wag om kaarjties te koop vir die konsert nie.Toe is dit weer tyd vir terug beweeg skip se kant toe en ek is eers weer in vir supplies en n starbucks besoek waar ek darem vir n rukkie kon asem skep en n koffie kry.Moet erken ek verkies die strate weg van al die hordes want dis baie erg en besig so nou eintlik lekker want weet hoe en waarheen na al die rondloop.Was ook vinnig terug op die skip en tyd gehad vir n middag slapie voor ons weg is uit New York.More is dit weer n see dag so rustig en lui dag wat voorle.

26 Sept 2106: Halifax
Omdat ek vooraf gese is dat ek nie deur customs hoef te gaan nie kon ek vanoggend n bietjie later le maar net toe ek opstaan word ek gebel om te se nee hulle wil my sien en dit het my baie vinnig laat beweeg want wou nie he hulle moet vir my wag nie en wraggies net toe ek daar opdaag toe is dit nee wat nou nie meer nodig nie want was nuwe beamptes en hulle se nou weer dis ok,so toe is ek eers terug kamer toe om die deurmekaar plek reg te pak voor ek gaan eet het.Vandag yssig koud in Halifax en die winter is beslis aan die kom,en ek nie juis reg vir erge winter weer nie,dink ook dis griep kry weer want een dag warm en dan die skielike koue.Weer my sambrieel en poncho ingesit en gelukkig my kopband ingepak want was skaars weg toe maak ek my ore toe in die yssige wind,en gee nie om hoe ek lyk nie net nie lus vir oorpyn nie.Eers al langs die waterfront gestap en toe op teen die bult na die fort bo op die bult maar toe besluit om net om dit te loop en eerder weer na die dorpstuine te gaan wat ons laas in gietende reen besoek het.Is regtig n besondere plek met die mooiste en rustigste atmosfeer,water,blomme,bome,bankies,diertjies,eende,het beddings met dahlias wat blom en elkeen gemerk,die bye was omtrent bedrywig met hulle.Toe is dit tyd vir n lekker warm koppie koffie en net sit.Daarna is ek weer by n paar winkles verby en toe is ek in by die dorps biblioteek en wat n verassing,pragtige groot moderne geboue met alles wat oop en toemaak,hulle regtig so gelukkig om sulke fasiliteite in die lande te he,toe het ek eers rondgeloop en alles bekyk en  was heerlik om na al die tyskrifte te kyk waarin ek belang stel.Daar het ek natuurlik vir n baie lang ruk vasgeval en sal beslis weer daarheen gaan.Teen die tyd was ek alweer stokflou gestap en reg vir terug keer skip toe,eers by die crystel works gestop en nog gedink om dalk ietsi te koop tot ek die pryse gesien het ,begin by 80$,so dit was die einde van dit.Daar was die mooiste lig wat lyk soos die kristal wat op die Titanic was en natuurlik presies dit waarvan ek hou.Toe is dit terug skip toe en net toe ons moes vertrek toe is dit weer tyd vir n passasiers wat gedisembark word, so ons is meer as n uur laat daarso weg.More is liefie af en ons sal saam kan rondloop in St John,beplan n ou biertjie en n lekker koppie chowder soppie ,veral in die koue.So tot volgende keer mooi loop.

27 Sept 2106: Saint John
Vandag regte eende weer en beslis nie rondloop weer nie,reen hard buite en lyk nie asof dit gaan opklaar nie so ons is weer in ons ponchos hier weg.Sal moet nuwes koop want die wat ons het het al n paar gate en lyk nie meer te fris nie,hoeka n baie mooi reenjas gesien by die markie so sal volgende week gaan kyk wat dit kos en dalk een kry.Hulle beslis hierso gegear vir ronloop en aangaan al reen dit ook hoe in die dele.Ek is weer in by die 2de handse winkel vir nog n boek en toe is dit starbucks toe en daarso twee lekker gemakstoele gekry en te heerlik daar gesit,eintlik stoele vir die wat brei!!!,n mandtjie met breiwerk tussen die stoele op die tafeltjie en lyk my as jy daarso sit kan jy paar rye brei en dan gaan die volgende een aan,nog nooit dit voorheen gesien nie maar ons het dit maar n skip gegee!!!Toe is dit weer die reen in en straat af terug skip toe,nie vandag so braaf in die weer nie,gedink n middag slapie in die koue weer klink na n beter opsie.

28 Sept 2016: Portland
In baie koue winderrige weer hier aangekom vanoggend,gelukkig net koud en toegetrek maar geen reen voorspel vir die dag nie.Liefie werk so ek net na customs weer die strate in vir die dag.Gelukkig het ek 3 tops ingepak en my kopband want ek was skaar buite toe trek ek alles wat ek het aan, met my kop band om die ore toe te maak en nog my serp,so omtrent gepanser teen die wind en koue.Vandag weer n ander koers ingeslaan in die dorpie en al langs die water af so teen die treinspoor en wraggies toe beloon met die klein treintjie wat verbygekom het,die spoor loop so al langs die see nes in Simonstad.Teen n styl bult op en toe daarso eers op die bankie gesit en asem skep met die mooiste uitsig oor die see en eilande wat om die dele is.Nogal gedink kan dalk lekker wees om so op een van die eilande te bly weg van alles en almal,sou graag wou sien hoe bly die mense daarso want baie bome en bos en gewonder oor diere op die klein eilande.Ook verby n bordtjie geloop wat se NO MOW AREA Bee&Butterfly Garden vir my te mooi en daar staan die blomme en grasse geil!!Toe is dit weer winkels toe vir n rustige rondloop,het ook vir my toast tongs gaan koop wat ek nog nooit gesien het nie.Teen die tyd toe voel ek koud tot op die been en besluit nou wil ek net skip toe vir lekker sop en dan onder die duvay om warm te word.Lyk my die bome hier is stadig met hulle verkleuring en hulle het min gereen gehad so hulle verwag nie juis n mooi show met die changing of the leaves nie,so dit sal maar moet wag vir n ander keer.Het my sop gekry en laat middag in die bib gaan sit met die mooiste uitsig oor die hawe en sommer daar bly sit tot en met sailaway,more is dit n see dag en die kaptein het ons gewaarsku dat hulle reen voorspel vir Newport so weet nie of ek dan gaan afklim nie,sal maar sien ,so mooi loop.

29 Sept 2016: @SEA
Vanoggend wakker geword met n see wat omgekrap is,ons omtrent aan die ruk en rol en verwag eintlik dat hulle dalk weer ons porthole se gat sal toemaak maar gelukkig nog nie dit kom doen nie.
Die oefen op n treadmill terwyl alles beweeg is nogal n storie en kos konsentrasie maar gelukkig dit oorleef en my oefen sessie ingekry.Toe is dit weer eetsaal toe en die see lyk nogal erg van so bo af met die branders wat uit alle rigtings kom.Het ook n paar dolfyne gesien wat oppad was erens!!! Toe ek in die kamer kom toe is die maintenance man hier om ons lekkende toilet reg te maak en was ek nou bly om hom te sien,nogal weird om jou toilet op sy sy en uitmekaar te sien ,was n eerste vir my.Het werk gekos om op die toilet te sit met jou voete buite die deur om nie in water te staan nie!!!!,was darem skoon water maar net die idee grillerig en mens verbeel mos vir jou is dalk toilet water!!!!Dink vandag gaan maar weer n bed dag wees en ek sal moet oppas anders kan ek dalk bedkoors kry.So tot more mooi loop.


Saturday, 24 September 2016

17 Sept 2106: New York

17 Sept 2016: New York and @ SEA
Gister was ons vir nog n dag in New York om af te laai en ons volgende gaste op te tel.Net toe liefie wou afklim toe word hy geroep vir n pasient wat geval het en sy patella gekraak het, so het vir n baie lang tyd buite gestaan en wag.Wel so met die gewag het ek gestaan en kyk hoe dinge om my afspeel en wat n gedoente en deurmekaar spul.Daar was 3 skepe in die port so net mense waar jy kyk en waar ons afklim in Pier 88 is dit busse wat kom en gaan,mense wat op en afklim,aflewerings trokke wat ook kom en gaan en dan nog New Yorkers wat hardloop,fiets ry en stap in n spesiale baan wat reg langs al die goed, verbykom.Die van ons wat afklim word weggejaag tot oorkant die straat waar die taxis wag deur manne met fluitjies wat sommer die verkeer,toeriste,fietsryers hardlopers en stapper probeer beheer.Nou sien ek baie ouer mense,wat groot swaar tasse rondsleep,dan probeer hulle op hulle selfoon die taxi bel maar kan niks hoor nie want dit raas vreeslik om ons ,so dis chaos en dan stap hulle weg om van die geraas te probber wegkom en dan stap hulle voor die fiersryers in wat hulle dan weer vloek en skel so besef hierdie is nie die plek vir ouer, stadiger mense wat nie kan sien en hoor nie, heee heeee.Accident waiting to happen!!!!! Eintlik amazing as jy net so staan en dinge bekyk wat jy nie alles sien nie.Een couple het gelyk soos pakdonkies met al hulle bagasie en die sweet het hulle afgeloop met al die goed en om alles te kroon val die sak ook nog elke dan en wan van haar skouer af so sy sy was nie in happy place nie,tierkwaai toe die fluitjie man haar ook nog wegjaag tot oorkant die straat.Toe liefie uiteindelik arriveer was ek maar verlig en ons is straat op Central Park se kant toe.Het die stiller strate gevat wat toe ook lekkerder was en weer n hele paar nuwe dinge gesien.Toe ek natuurlik die 3 apies sien wat op n bank sit, wat wys see no evil,hear no evil,en speak to evil wou ek n foto he en dit het weer mooi praat gekos om dit gedoen te kry.Vinnig n draai by die Apple store gemaak en toe Central Park toe en weer met 7 th Avenue terug skip se kant toe.Eers ons voorrade aangevul by die supermark.
Vandag was weer n seedag en vanoggend wakker geword met die nuus dat daar gisteraand n bom afgegaan het in Chelsea New York nie ver van waar ons rondgeloop het nie ,so dit was nogal scary.Die bom het gisteraand so 8 uur afgegaan en ons gelukkig die middag 4 uur al weg uit New York.Die week gaan ons Woensdag  Bar Harbour toe ipv Portland,hoekom dit so is weet ek nou nie maar ek kla nie want dit ook n baie mooi plekkie.Hopelik kan ons more die Halifax dorp tuine besoek want hulle se dis glo ook vreeslik mooi so sal maar moet wag en sien,nou ja tot more mooi loop.

19 Sept 2106: HALIFAX
Vandag op n mistroostige nat dag in Halifax aangekom,ek was gelukkig en moes nie weer deur customs gaan nie waaroor ek baie bly was,maar toe is ek eetsaal toe en daar het die wiele afgeval en het ek alles geeet wat my oe sien!!!!,bacon,worsies,en n toasty vir die heel eerste keer!!! seker maar die weer!!! moet iets  die skuld gee.Besluit om af te klim van die skip en vir liefie te wag in die terminaal want hy moes eers n drill bywoon.Gelukkig n groot skuur met winkels so dit het my besig gehou tot liefie afgeklim het.Toe is ek en hy die state in met ons reen ponchos en sambrieel.Is bult op na die Town Gardens bo op die bult en toe ons daar aan kom, toe reen dit behoorlik!Baie mooi tuine en sal beslis weer die tuine wil besoek op n sonskyn dag,dink ook elke week sal die blare verkleur en  al hoe mooier wees,net een boom gekry wat so n titsel oranje het.Om uit die gietende reen te kom het ons besluit om gou by die koffiewinkeltjie in te val vir n lekker cappuccino wat toe heerlik was.Na dit is ons toe weer af na die waterkant en daar kry ons toe hierdie doodstil,spieelgladde water en mis wat oor die hele gebied en water hang,so scary mooi.Toe by die Farmers Market  gestop vir n koppie tamatie sop maar was nie so lekker soos my seekos een in Freeport nie.Gelukkig kon ek uieindelik op die seeport internet connect en paar boeke aflaai en fotos post voor ek terug is skip toe.Die warm duvay en bed het toe gewen nadat ek n heelike koppie tee gehad het.Die wolke buite lyk vir my omgekrap en soos stormweer,hoop ek is verkeerd so tot more mooi bly.

20 Sept 2016: Saint John
Gister oggend moes ons n uur later die hawe binne seil agv die lae watergety en dit was weer baie mistig.Ek is na ontbyt eers na die markie reg langs die skip en toe het ek n paar van die mooi deure in St John gaan afneem.Teen n baie stadige pas straat op en af en toe koffie gaan drink.Ook n plek ontdek waar ons volgende week seafood chowder kan gaan eet en n tweede handse winkeltjie  waar ek toe 2 boeke gekoop het en duisende musiek plate het,vir my heerlik om so rond te snuffel in die tipe winkeltjies.Oppad terug skip toe het die mis weer skielik verskyn en ek kon ons skip nie eers onder in die straat sien nie,so erg was dit.Toe dit tyd raak om te vertrek het die kaptein ons ingelig dat ons vandag later gaan moet vertrek omdat die gety nog nie hoog genoeg is nie en dat die pilot gese het ons sal eers 10h00 vanaand vertrek en hopelik teen daai tyd is die gety hoer.Toe hy se met die huidige watervlak is daar net 1.5 m onder die skip speling ,was dit genoeg vir my!!!Ek en liefie het nog gespot want toe ons gearriveer het kon ons darem so n bietjie lug sien uit ons porthole en soos die dag aangegaan het het ons nog verder afgesak teen die hawe muur en net mossels gesien en n duk ketting!Darem laat die aand veilig uit St John weer see toe.More is ons in Bar Barbor waarna ek vreeslik uitsien want gaan die plek net eenkeer besoek op hierdie kontrak.

21 Sept 2016: Bar Harbor
Vanoggend op n pragtige dag hier aangekom, n mis wat rondhang maar kon sien dit was besig om te lig.Toe is dit eers weer customs voor ons die tender bote kon neem hawe toe.Omdat liefie hulle vroeg moes terug wees was sy tydtjie bitter kort en ons het teen die waterkant gaan stap en dorp om terug gestap waar ons gestop het vir Lobster Sop en roomys ,wat n kombinasie!! maar dit was heerlik net baie ryk,soos Ouma Babs sou gese het gal stories.
Hierdie regtig n pragtige plekkie en net te min tyd om alles te sien en te beleef.Beslis lobster wereld want net lobster bouys en bote waar jy kyk.Groot huise met die pragtigste tuine dink hier lewe hulle ook n rustige bestaan so saam met die seisoene of dis hoe dit lyk.Het vir ons n captains brass bell gekoop vir ons nuwe braaiplek by die huis en n dingetjie wat se: me and my old crab live here!!!Memories wat ons bymekaar maak so langs die pad.Stok flou gestap want liefie is 3 ure voor my terug skip toe en ek wou soveel as moontlik doen en sien omdat ons nie weer na die port toe kom nie.Is bederf met die mooiste sonsondergang na n lieflike dag met ons sailaway uit Bar Harbor.Dink vanaand slaap ek beslis soos n baba ,more is ons weer net op see en Vrydag weer in Newport,so tot volgende keer mooi bly.

22 Sept 2106: Newport Rhode Island

Vandag is ons weer met die tender bote deurmekaar en nog n groot skip le saam met ons in die baai so die dorpie gaan omtrent kook vandag met al die besoekers in een dag.Ongelooflik om te dink wat twee sulke skepe vir die ekonomie van so n klein dorpie beteken en dis net vir omtrent 6/7 ure en dan is almal weer weg,ai wens so ons kon sulke dinge na ons land toe bring maar daars geen manier met die veiligheids kwessie nie,toeriste is nie lus vir afklim en bang voel en net een aanval en dis die einde van dit.Ons het so baie om te bied as ek dink wat ons alles hierso sien en gaan kyk,en hulle sal mal wees oor die wilde diere en ons mooi kuslyn,mense,kos,kultuur noem maar op,sit op n goudmyn net jammer kan dit nie ontgin nie.Liefie was af vir die eerste keer in die plek so ons het bietjie rondgeloop en toe in n park rustig teen die water gaan sit en net die lieflike dag geniet!Hierso le ons sommer op die bankies of onder die bome, kry bietjie vars lug en son.Res van die week was ons ook baie gelukkig met die weer,lieflike dae en nie te warm nie.n Boek van Jodi Picoult begin lees en was so into dit dat ek dit nie kon neersit nie.More werk liefie in New York so ek gaan alleen wees vir die dag en wil bietjie padvat na n ander deel van Central Park en gaan kyk hoe dit daarso lyk en dan my winkel besoeke doen.Wens mens het langer tyd gehad om ander goed te doen maar omdat jy teen 2.30 terug moet wees op die skip gee dit jou nie juis tyd vir vasval nie,so n rit op die hop on hop off busse ,nie hierso iets wat ek sal doen nie want die verkeer meeste van die tyd crazy en verlede week was n hele paar strate toe na die ontploffings in Manhatten en vir hardloop sien ek nou nie kans nie!!!! Gister was n riller met ons toilet wat weer nie wou werk nie,maar dankie tog voor ons gaan slaap het was alles weer reg,verbeel jou om in die nag op te staan en hier uit te stap met jou pajamas en pragtige haardos opsoek na n toilet,not a pretty sight!!! Wel tot volgende keer mooi loop 

Saturday, 17 September 2016

10 Sept 2106 :NEW YORK

10 Sept 2016: NEW YORK
Nie besef kan ook so warm wees in New York nie! Het vandag ook uitgekom  by die Ripleys 
Believe it or Not en Madam Tousse en sommer wild vreemdes gevra om vir my fotos te neem,die beelde lyk darem wraggies nes die ware jacob,jy kyk en kyk nog n keer.Toe is ek eers na M&M vir bietjie klere kyk en badkamer toe gaan!!!  want om n toilet in New York te soek ,n gedoente.Na dit is ek eers na die parkie wat ek ontdek het en daar het eek eers lafenis in die koelte gesoek en net rustig gesit en die mense dopgehou.Die honde parkie vir my te koslik,en om te sien hoe hulle met mekaar speel,ruik en in die water gaan le,ken mos nie sulke plekke in ons land nie ,so n vreemde konsep.Daar was een groot vet bulldog wat te lekker met n groot bal gespeel het en elke nou en dan eers n dip in die water gevat het om af te koel,en tier kwaai as sy baas die bal wegvat en dan weer weg skop.Teen 2uur wou ek net weer terug kom in die koelte van aircons,so dit was die einde van my dag van rondloop.Met sailaway nie eers op dek 12 buite gesit soos gewoonlik nie want net te warm en bedompig.More net op die see so kan n goeie gym sessie inkry en dan bespreek om Maandag Peggys Cove te gaan besoek in Halifax so sien vreeslik uit na dit.Tot volgende keer mooi loop.

12 Sept 2016: HALIFAX Nova Scotia
Vanoggend eers weer deur customs maar die week heel vinnig deur en toe is dit die lang wag tot 12.30 om op my toer na Peggys Cove te gaan en toe die wifi op die kaai ook nog nie werk nie was ek nou glad nie beeindruk nie!2 skepe in die hawe so weet nie of dit is hoekom ons nie die wifi kon optel nie maar nou ja eers n draai gaan loop en toe is dit tyd om op die bus te klim.Ons is eers na die  Fairview Cemetery waar 150 van die Titanic se slagoffers begrawe is,maar 1500 mense is dood in die tragedie en net 328 se liggame is gekry.Nogal sad om al die stories te hoor en elke graf gemerk volgens nommers soos hulle gekry is.Een jong man van 23 wat n violis was in die orkes William Denton Cox is ook dood en het bly speel tot die einde toe.Toe is ons weg na Peggys Cove n klein vissersdorpie so n uur se ry van Halifax.Die pad na Peggys Cove was vir my pragtig jy kry al die mooi klein rural huisies so al langs die water en voel omtrent asof elke huisi n jetty het met  stoele en n bootjie vasgemeer en baie baie bos en bome.As ek reg onthou is daar net 40 permanente inwoners daarso en nie op die oomblik crayfish seisoen nie ,eers in November.Het vir my n lighuis gekoop as aandenking en vir my spesiaal want nog nooit n lighuis gesien met plek vir n kersie nie,so dit het my kop geswaai,iets anders.Het net n uur tyd gehad vir rondloop en wens so het meer tyd gehad want om net te sit en alles te bekyk sou ook so lekker gewees het dan neem jy mos dinge in en geniet eintlik die omgewing.Laat my nogal aan Clifton dink want groot klippe/boulders!Die see lyk maar vir my bietjie rof en dink jy omtrent aan die elemente oorgelewer as daar n storm is.So bly kon die plekkie besoek,baie spesiaal.Oppad terug het ons n ander roete gevat wat ook lekker was toe kon ons n ander deel ook sien,dink n rustige bestaan word hierso gevoer,maar ons toergids se 2 jaar gelede het hulle n baie erge winter gehad met hope sneeu en hy wil dit nooit weer oorhe nie,se dat daar was naderhand nie meer plek langs die pad om die sneeu weg te showel nie.Klink ook dat dit vir hulle nogal erg is om in die winter dan die driveway oop te showel se hy, het sy huis verkoop en bly nou op die waterfront in n apartment soos hulle dit noem en so bly hy hoef nooit weer snow te  showel nie,se sy skouers was op en seer.Moet se ek het nog nooit aan dit gedink nie,as jy wil ry is dit eers die sneeu showel ,moet se klink nie lekker nie.
Nog n ding wat vir my so mooi gelyk het was baie van die huis het n jetty reg langs die huis en dan staan daar van die aridondeck houtstoele op die jetty,so kan net dink hoe lekker dit moet wees om daarso te sit so langs die water.Die huise is ook in die bos as ek dit so kan stel,agter die huise is net bos en bome op baie plekke sal ek se is dit soos kleinhoewes het n paar fotos geneem om te wys wat ek bedoel.Volgende week wil ek he ek en liefie moet die dorp se tuine gaan kyk en dit gaan n groot gestap afgee, nogal bult op van die hawe waar ons gedok is, so gaan my loop skoene moet aantrek.Nou ja tot more mooi loop.

13 September 2016: Saint John
Gelukkig eers 10 uur aangekom in die port so kon rustig gaan eet en kyk terwyl ons stadig inseil vandag.Liefie af so kon darem saam rondloop wat mos baie lekkerder is.Eers rondgeloop,na baie van die bekende plekke op die dorpie en by die ou mark gestop vir roomys en n tradisionele koekie ding maar dink nie sal dit weer koop nie! Toe is ons weer af waterkant toe waar met n groot gesmeek het liefie n foto van my met die moose geneem het,niks het verander nie hy haat fotos en wil piep kry as ek van hom een wil neem!Daarna is ons na Daves Kafee waar ons die local kreef rolls 
probeer het,die warm een met botter en garlic was vir my heerlik en natuurlik die local bier ook,lyk my ons begin nou weekliks tyd maak vir n biertjie maar die kos duur en beslis overrated! Volgende week wil ek in die winkels gaan rondsnuffel en hoop more se weer beter as laas week toe ons in Portland was.Vandag was eintlik heerlik want koel gewees en rus vir rondloop.Moet nou eers vertel hierso sien jy baie snaakse dinge,vanoggend aan ontbyt tafel was daar n man wat een of ander ding in sy servet toegedraai het en dit toe wragtig in sy kamera sak probeer inprop het en was dit nou n gesukkel en gestoei en ek was natuurlik vrek nuuskierig om te weet nou wat was dit wat nou so belangrik is en in die sak moet in,kan tog net kos wees en ergste hulle gaan hom voorkeur as hy van die skip probeer afklim met enige kos en dit konverskeer!! Wonder of dit nie dalk n pynappel was nie!!!!!crazy man.Laat middag was weer tyd vir drama maar toe niks erenstig nie,n man wat bekend is met konvulsies wat vir ander wat dit nie ken nie erg is.Die Anthem of the Seas van Royal Carribean was saam met ons in die hawe vandag en wraggies hy is huge maar sodra ons in die see invaar dan word hy sommer net n  klein spikkeltjie in die groot oseaan.Nog net 4 weke dan is dit tyd vir huis toe,kan dit nie glo nie,so vlieg die tyd ook verby.So tot more.

14 Sept 2106: Portland
Vandag was dit weer tyd vir Amerikaanse customs voor ons die groen lig gekry het om af te klim.Moet erken dis nogal irriterent om 3 keer n week deur customs te gaan maar wat kan mens doen.Hulle het n arme man voor my beet gekry oor wat hy hier kom doen en hoekom so baie keer  die land in en uitgaan en aan en aan gegaan en om alles erger te maak kon hy nie lekker engels praat nie,toe moes hulle n tolk ook nog gaan soek,ek was skoon op my senuwees vir sy part.Vandag n heelike dag na verlede week se reenweer.Baie mooi winkeltjies met die pragtigste goed,wens ek het n lee tas en n sak vol $ gehad.Het ook goed gesien wat ek volgende keer vir liefie wil gaan wys en sien nou eers ons is volgende week in Bar Harbour en eers die week na dit weer in Portland so hy eers oor 3 weke af in Portland.Eers laat middag weg en moes wag vir n groot tenk skip wat net voor ons vertrek die hawe binnegekom het.Op n kaart gesien dat hierso vreeslik baie klein eilandtjies is so die pilot moet sy storie ken,dis verseker.Pragtige sonsondergang vanaand en ek het net te vroeg kamer toe gekom om dit af te neem en moes maar tevrede wees met dit kyk uit ons  porthole.More is dit n seedag en dan weer Vrydag in Newport en liefie af so bly oor dit.

16 Sept 2016: Newport,Rhode Island
Gister was net n rustige dag op die see, teen n slakke pas.Vanoggend weer met die tender bote land toe en was n heelike koel dag in Newport.n Ander deel van die dorpie bekyk en tyd gehad vir winkels besoek.Die woonbuurte is vir my regtig so mooi met hulle pragtige huise en porches wat so aanloklik lyk,hulle doen moeite met dit en jy kan sien op baie van hulle word daar baie gesit en gekuier.Pos pakkies word sommer so by jou vooredeur gelos op die matjie ,so lyk my hulle verdwyn nie!!! Het ook die Marine Dockyard besoek want gesien hier is iets aan die gang en sommer net ingestap,net om te besef duidelik nie die plek vir my nie want hierso is n exspo aan die gang vir mense wat belangstel in die koop van seiljagte en bote,groot groot bote!!! Nie te min ek is daar in by een van die eetplekke en het vir my clam chowder bestel,flippen $5 vir n halwe soplepel van die sop!!!!!!
Was heelik maar wraggies net hopeloos te min,my net lus gemaak,gevoel ek wil die klein koppie uit lek!Kon darem ook wifi ,so vir n rukkie daarso vertoef met n uitkyk op die grand seiljagte wat te koop was.Lyk my die is ook die plek waar die American Cup wat seiljagte betref gehou word,die bekende een.Die Newport Mansions ook n groot aantrekkings in die deel.By n winkel uitgekom met die mooiste goed vir mens se huis en alles te doen met die see,ai ai.
Het verlede week die lekkerste seep ontdek en is vandag terug om nog 5 koekies te koop vir ons volgende 5 weke!!Stort darem met seep wat jou soos n koning laat voel,ruik heerlik en sag op die vel,iets besonders Simply Be Well face and skin soap.
Wie sou nou kon dink dat iets so klein soos n koekie seep hierso n groot issue is of iets wat ek bitter baie waardeur.

Toe ek by die hawe kom vir terugkeer skip toe met die tender bote is almal op dieselfde tyd lus vir terugkeer skip toe ,so moes n rukkie wag voor ons almal kon klim en tergukeer na ons huis op die see. Nogal n mooi rit terug skip toe so tussen al die bootjies wat le in die hawe gedeelte en natuurlik was daar weer een &^%$ wat met sy groot plat speed boat kom brul en raas het met n naam wat ek nie kan herhaal nie! Nou ja tot more mooi loop 

Saturday, 10 September 2016

3 Sept 2016: New York

03 Sept 2016: NEW YORK
Darem n rustige aand gehad en geen rowwe see tot in New York.Hierso is dit beslis heelwat koeler as verlede week en aangenaam so sien uit om rond te loop in die koeler weer.Toe ek afklim vanoggend was ek nogal hartseer om te sien hoe hulle die arme oom wat oorlede is afdrae van die skip in n swart koekon en ek besef hier het hy verlede Saterdag opgeklim en opgewonde uitgesien na n week op n cruise en hier kom hy so terug huis toe,sad. Ek was eerste af en toe kom liefie later by my aansluit en ons is die strate in.Baie planne gehad maar toe eers by Starbucks ingeval en alles afgelaai wat ons wou, met die kinders geskype wat altyd lekker is,net om hulle te sien en hulle stemme weer te hoor.Na koffie en croissants het ons gestap tot in Bryant Park en daarso eers vir n rukkie gesit,en almal bekyk.Time Sqaure was crazy besig met allerhande karakters in costuums en wraggies n naked cowboy net in sy onnie ,boots,hoed en besig om te sing met sy kitaar,kan darem se hy was mooi gebou!!!! maar hoekom mens dit doen sal ek nou nie weet nie.In Bryant Park is dit vir my te oulik n biblioteek sommer so in die park en in die oopte,orals sit mense en lees, en n lees hoekie het dit nog nooit op ander plekke gesien nie.Teen die tyd raak ons altwee flou en besluit om liewer volgende keer Central Park te besoek en hopelik dan  te gaan op n perde kar rit.Net toe ons terug kom by die port hoor liefie hoe hulle afkondig dat daar wraggies weer n code Alpha is en die is toe al hollende terug op die skip en wraggies n 90 jarige tannie het so pas n groot stroke gehad en dit was die einde van haar cruise nog voor dit begin het,shame so sy is met die ambulans hier weg en ook al haar familie.Gelukkig gebeur voor ons weer die diep see in is anders was dit ook nou weer n storie want kom eers Maandag in Halifax aan en more is op net op die see.Wel hoop dinge loop nou gladder van nou af vir liefie.
Nou net in die kamer aangekom en skoon op my senuwees!!! porthole is toegemaak met n brief wat se : severe weather conditions expected do not open until authorised to do so,great!! Dis nie goed vir die hart nie en ek dog ons het die storms agter ons gelaat en ergste ,more nog heel dag op die see.Een ligpunt,ons het n bordtjie eetgoed van die kaptein gekry en sy naam konstantinus fafalios hoe is daai vir jou.So net die tyd sal leer wat die nag en dag vir ons inhou,Moet Maandag in Halifax wees,dan volg die volgende,Saint John,Portland,en New Port.Sien daar is baie ou mense op die cruise en een ou tannie het in die bib ingestap en die arme crew member vertel sy is glad nie beindruk met die keuse van boeke nie,kan jy glo en baie rolstoele,so rowwe see en baie rolstoele kan ook moeilikheid beteken.Dink hier gaan werk vir  liefie voorle.

4 Sept 2106: @SEA
Vandag is ons op die see en die weer is maar nog omgekrap,hoor die hurricane hang nou nog rond naby New York of net reg van NY en hoop regtig nie hy kom agter ons aan nie.Het ons ou gaaitjie vir n tydtjie oopgemaak vamiddag en was baie lekker om net weer lig te sien anders voel dit asof jy ondergronds is!Ons wieg maar darem nie te erg nie of ek nou gewoont aan dit.Was vanoggend weer gym toe en toe na ontbyt na die praaitjie oor die verskillende ports wat ons besoek en alles wat hulle aanbied.Clam chowder geniet is n moet en sien baie uit om Peggys Cove te besoek en dan ook die Reversing Rapids in Saint John en in Newport Rhode Island al die pragtige vakansie huise van die rykes,hulle se is vreeslik mooi daarso so ons sal moet gaan kyk.Omdat daarso nie n hawe is nie gaan ons weer met die skip se tender bote  heen en weer moet ry.Amazing hoe die verskillende plekke wat besoek word n groot invloed het op die ouderdom gaste en tipe gaste,moet erken ek verkies hierdie ouer mense, baie rustiger en nie so n gestoei en deurmekaar storie nie,dink die arme crew kry tyd vir n blaaskans,van die wilde woestes!Word lekker bederf en het vamiddag n bord aarbeie met sjokelade gekry toe ek terugkom in die kamer,moes keer om hulle nie almal op te  eet nie!
Nou ja tot more mooi loop.


5 Sept 2016: HALIFAX 
Aangekom in Halifax so 8 uur se kant en ek moes vroeg opstaan om reg te wees vir customs want hulle het aanboord gekom toe ons dok in die hawe.Was omtrent n lang storie voor hulle ons die groen lig gegee het om af te klim en dit vir my sommer tyd mors want ons het mos reeds visas so hoekom nou weer party van ons ondervrae!!Maar nou ja reels is reels en hierso hou jy by dit en jy doen presies wat hulle se,soek nie moeilikheid nie.Moes ook wag vir liefie om klaar te maak met sy drill en toe is ons die strate in.Eers is ons al langs die waterkant af na n plekkie waar ons vis en chips vir ontbyt gehad het moet se die vis was heerlik maar hulle chippies kom nou nie by ons lekker vet chippies nie, hulle sin so dun ,droog en maer.In Halifax het hulle n baie lekker houtdek wat al langs die waterkant afloop so jy kan vir n lang ent gaan stap.Vandag was besig met nog n skip in die hawe,ons het net gaan stap en ek wil graag volgende week na Peggys Cove toe gaan
wat n klein vissers dorpie is.More is ons in Saint John 

6 Sept 2016: SAINT JOHN
10 uur gedok en toe moes ons eers wag vir nog n pasient wat eers afgelaai moet word vir n besoek aan die hospitaal vir ondersoeke.Digte mis het ons gegroet toe ons vanoggend inseil in Saint John so kort kort op die mis horing geblaas om seker te maak almal  weet ons is hierso.Ek het braaf gevoel en besluit om eers gym toe te gaan voor ek afklim maar dit het nie baie lank gehou nie!! so n halwe poging aangewend en toe besluit nee wat gaan nou eerder ontbyt eet en dan die strate invaar.
Omdat ons al reeds voorheen hier was het ek geweet waarheen so op ons ou paadtjies gestap.Ook gehoor dat Daves die plek is om lobster te gaan eet of so se een van die locals tot vir ons gewys wat ons sal kry vir 11$,so toe het ek gaan kyk waar dit is sodat ek en liefie volgende week daarso n draai kan maak.Die parkies weer vol mooi blomme en gras groen,orals hang ook die mooiste hang mandjies met hope blomme en darem een boom gesien wat begin het met verkleur en blare afgooi.Dis nou een dorp wat die mooiste geboue het en pragtige voordeure,so n paar fotos geneem en vir my n magneet gekoop.Weer in digte mis uit die hawe maar met n kalm see so hoop dit hou,more is dit Portland en dan wil hulle more aand weer probeer om te gaan uiteet by Teppenyakis so ons sal sien.Mooi loop.

7Sept 2016: Portland
Baie laat en stadig aangekom in Portland agv erge mis met omtrent zero visibility nogal scary as jy wragtig niks kan sien nie ,bitter bly nie nog soos in die ou dae nie en dankie tog vir die tegnologie.Toe is dit weer tyd vir customs en dis elkeen wat op die skip is so omtrent n gedoente want ons vandag weer in n US port na Kanada en toe is daar wragtig 16 …$%^& ,wat nie geluister het nie en nie opgedaag het vir die customs nie, toe kon die arme crew eers na 12 omtrent afklim so dit was n frustrasie want die arme goed kan nie wag om net n bietjie af te he en vars lug te kry nie.Hulle moet wag tot die groot kokkedore aanwal eers se dis reg hulle kan afklim en met mense wat nie opdaag vir die customs ondersoek nie beteken moeilikheid vir skip en hulle mos vreeslik paraat en erg oor sulke goed hierso.Ons is toe na n bitter lang gewag darem uiteindelik shaw leave toegestaan en toe is ons weg.Nie n baie lekker dag vir rondloop nie want regte eende weer, reen kort kort,nie erg nie maar net genoeg om jou nat te maak!!Besluit soek vir ons n koppie seafood chowder en toe reggekom by een van die bekende plekke in die port Portland Maine Lobster Co,het bestel en toe kry ons n lobster wat aan die bewe gaan en rooi flits as jou bestelling reg is vir optel en te lekker gesit onder dak en uit die reen terwyl ons ook van die local bier geniet het,dink dit was liefie se highlight van die dag ,die bier!!! Na dit was dit tyd vir n middag slapie en wat nou lekkerder as n middag slapie as die weer mislik is,dan soek jy mos net die kooi en n kombers.Ons is 6 uur die middag weer weg uit Portland maar die mis het gelukkig bietjie gelig en ons so n oomblik laat sien hoe mooi die dele is.Gisteraand het die hele mediese span gaan uiteet in Teppenyakis ,was toe baie lekker maar weereens heeltemal te veel kos ,eers groen ertjies in n souterige sous ,toe chinese sop wat ook eintlik lekker was en dan kry jy fried rice met baie knoffel en botter en groente en dan eers die hoof gereg wat prawns en stukke fillet was.My nagereg was green tea roomys en so n koekerige affere,teen dit tyd was dit vol verby!!! Reg vir Bars! en bed.Nou ja more is ons op die see en dan Vrydag in Newport.

9 Sept 2016: Newport Rhode Island
Na ontbyt met die tenderbote weg na die hawe want hierso nie plek vir die groot skepe om te dok nie so gooi weer anker n entjie weg in die baai en het tot 4 uur gehad om rond te loop,regtig n baie mooi plek met die mooiste winkeltjes en huise ,ek kry nie genoeg van die mooi huise en reuse tuine.
Het sommer net weer die pad gevat en gestap waarheen my voete en oe my heen vat en darem uitgekom by die bordtjie wat se Cliff Walk waarheen ek ook graag wou gaan want dis die plek waar hulle al hierdie reuse huise en  kastele het al langs die see.Wel teen die tyd is ek al stokflou gestap en dit was baie warm en bedompig maar gelukkig toe ek by die Cliff Walk wandelpad kom is daar darem restrooms en n waterfontein, so myself eers daarso gelawe en toe die tog verder gevat al langs die see verby hierdie pragtige kastele of mansions.Net toe ek dink o hier is so n mooi koepel waar ek kon sit en die uitsig geniet ,toe besef ek nee mevtjie hierdie is deel van die kasteel huise se esstate en nie vir ons gewone mense nie,sorry you dont make the cut!!! en toe besluit om maar daarso om te draai.Terug in die dorp afgekom op gras tennis bane wat vir my vreeslik mooi was en wragtig nog n aktiewe klub met n klomp ouer mense wat tennis gespeel het,toe sommer weer lus vir tennis speel.Teen die tyd al bewerig gestap en besluit n lekker roomys net wat ek nodig het en toe gestop en dit geniet waar ek te lekker in die koelte kon sit.Daarna nog nie lus vir terug skip toe nie toe eers n hotel gaan soek met aircon en vir n hele rukkie daarso vertoef,mense met n groot great dane hond het ook kom lafenis soek vir hulle arme hond want hy was poot uit in die hitte,en natuurlik baie aandag getrek omdat hy so groot is.Terug op die skip was die lekker stort beslis n highlight na so n dag in die son en hitte,dan waardeur jy weer sulke goed wat jy so van selfsprekend aanvaar soos water en n lekker ruik seep!!!Die middag net voor ons moes vertrek toe is dit weer tyd vir n siek pasient wat n hartaanval gehad het en die moes toe inderhaas weggevat word hawe toe, so liefie was die een wat moes saam ry in die reddingsboot om haar aanwal te vat en oor te gee aan die ambulans manne.Gelukkig het sy net betyds opgedaag anders was dit weer n helikopter of boot wat haar moes kom optel.Het myself besig gehou met kyk hoe hulle die reddingsbootjies weer ophys na so n dag van tendering en ook maar n gedoente my senuwees skoon gedaan want ouens in hulle terwyl hulle ,hulle ophuis en dis mos hoe die ongeluk laas gebeur het toe 2 ouens dood is,toe die kabels gebreek het en hulle tot in die see neergestort het.So not for the faint hearted!!! Gelukkig het ek nie besef liefie is ook so opgehys tot op skip met sy terugkeer van die hawe nie,maar vir hom natuurlik dood normaal.Die skip was toe laat agv die drama wat afgespeel het net voor seiltyd maar nou ja darem net n halfuur laat gewees toe is ons weer diep see toe.Goeie nag gehad maar so half vyf vanoggend weer met n kode alpha oor die PA wakker gemaak so liefie is van diep slaap tot by aantrek en hol in n paar minute daar weg en hom eers weer na 8 gesien,die arme oom het dit toe nie gemaak nie so moet se 2 de week met n lyk wat afgelaai word nie lekker nie.Baie warm in New York en liefie werk so ek loop weer alleen rond, gelukkig vir ons n parkie gekry waar ons dalk volgende week sommer net so onder die bome kan le en rusitg wees.Wil ook nog kyk of ons nie by 9/11 kan uitkom nie maar dit sal moet wag tot oor so 3 weke,more is dit juis weer die 11 de Sept 15 jaar later.Wel tot volgende keer mooi loop.


Saturday, 3 September 2016

30 Aug 2016: MIAMI

30 Aug 2016: MIAMI
Min het ons geweet hoe die aand sou verloop toe ons in die bed klim gisteraand,want ons was skaars in die bed toe liefie geroep word vir n pasient wat aktief bloei,bo en onderuit en toe is dit vinnig dink en reageer om die vrou weer op land te kry vir die regte behandeling,hoekom hulle opdaag as mens klaar die land verlaat het sal mens ook nie verstaan nie maar nou ja so gaan dit en seker alles deel van skip lewe!Om haar op land te kry het toe n coastguard boot gekos om uit te kom skip toe en haar op te tel in die middel van die nag en dit alleen n uitdaging ,omdat die verskil in watervlak te groot was moes hulle een van die rescue bote laat sak en gebruik om die pasient op die coastguard boot kry, so wat n gedoente!!!So ons het min geslaap en net toe ons aan die slaap raak toe soek die kaptein weer vir liefie.Baie kort nag gewees.Vanoggend laat in Miami aangekom na al die drama en die weer omgekrap,reen beslis oppad.Ek het bespreek om op die Hop On ,Hop Off bus die midde stad rit te doen,ons is opgetel by die skip en na die waterfront geneem waar ons toer begin het.Het bo buite gesit en was vir my lekker net baie warm en omtrent geduck en dive met al die bome op die rit,dink eintlik baie gevaarlik want as jou kop een van die bome of takke tref kan jy baie seer kry of dalk n oog verloor of nog erger mors dood wees.Ek is bevrees lyk my my gehoor besig om in te gee want ek het so gesukkel om te hoor wat die toergids gese het kon omtrent niks hoor nie so dit was n jammerte.Verby pragtige woonbuurte gery en alles gras groen,huge huise en tuine.Ook na Little Havena ,net nie tyd gehad om die Kubaanse koffie te gaan proe nie want hulle se dit is vreeslik lekker.Dis nou een ding van Miami ,hierso is dit nat ,groen ,baie warm, bedompig en palm bome net waar jy kyk.Sou baie graag al drie bus roetes wou gedoen het en n dag vir elkeen wou gehad het.Gelukkig het ek genoeg tyd gelaat vir wag om die bus te vang en dan weer terug te kom in die waterfront waar ek weer n bus moes vang terug skip toe.Ek was ook net terug op die skip toe maak die hemele oop en dit stort reen,so was bitter bly ek het dit gemis en kon dit net sien uit my porthole.Vergeet om te se Sondag aand was seekos aand en ons is so bevoorreg om prawns te eet tot jy genoeg gehad het,so ons het ingeklim!!!voel eintlik onwerklik.

31 Aug 2016: NASSAU
Vandag was ons laaste dag in die Bahamas voor ons noord seil, Kanada se kant toe, tot die middel 
Okt. Het eers my rondtes in die winkels gedoen maar toe besluit om eerder by die Graycliff Hotel in 
te book as n dag besoeker waar jy dan $25 betaal en heel dag by hulle swembad kan deurbring met  free wi fi het en dan nog bedien kan word met heerlike drankies en pizza indien jy sou wou.Wel ek was net betyds om n lebank te kry in die skaduwee en onder n sambrieel langs die pragtige swembad voor die hordes crew gearriveer het.Dit is beslis hulle uithang plek en kuier plek as hulle af is vir die dag in Nassau,so ek het soos n ouma gevoel tussen al die jong mense wat te lekker swem,cocktails drink,pizzas eet en kuier,losgelaat van die skip en al sy verantwoordelikheid,te minste n baie intertaining dag gehad om hulle dop te hou.Teen laat middag was dit bewolk en ons weg uit Nassau diep see toe.Ons is gewaarsku dat die see rof kan wees en hoor dat daar n moontlike hurricane aan die broei is so hoop regtig ons paaie kruis nie,wil ook lyk asof dit dalk New York se kant toe kan uitbrei,gelukkig se hulle hy verloor sy krag sodra hy kontak maak met land nie dat dit vir my enigsins beter klink nie,ons ken mos nie die goed nie .

1 Sept 2106: @SEA
Rustige dag op die see en ek en liefie kon saam gaan gym wat baie lekker was,so hy het ook sy oefening ingekry.Die mediese span het plek bespreek vir aandete by die Chinese Restaurant vir 21h00 die aand maar laat middag het daardie gevreesde code Alpha oor die sisteem gekom en dit was toe ook die einde van n geeet en n hele nag se slaap.n Man het in een van die restaurante gekla van n vreeslike pyn in sy nek en dit was toe n hartaanval wat uiteindelik uitgeloop het in n volle intubasie en geventileerdery van die man. Was toe n vreeslike gedoente want agv die hurricane kon niemand uitkom in die weer om die man te kom optel nie so hulle moes maar doen wat hulle kon op die skip en het gese hulle sal dalk more so teen 12h00 vir hom probeer optel .So niemand in die mediese span het heel nag n oog toegemaak nie,en n baie stressvolle nag vir almal betrokke ,personeel en familie.Ongelukkig is die man toe vanoggend teen 9uur oorlede en toe begin die volgende lang proses van 100de vorms invul en alles wat saam met dit gaan.Met so n dood aanboord sal die FBI more in New York ook aanboord kom om te kyk dat daar geen ongerymte dinge gebeur het nie en dat alles moontlik gedoen is om die man te probeer red,regte prosedure en behandeling gegee is.So dit alleen erg genoeg.

Die see darem nie vir my baie erg nie en dit klink asof ons die hurricane agter gelaat het of onder hom uitgeseil het want op TV lyk dit maar baie erg.Om te dink dat ons Dins in Miami was, so ook dit net net gemaak!!!Hopelik sal ons vanaand n goeie nag inkry en dan more is dit New York en liefie af ,so wil kyk of ek hom op n perde kar rit om Central Park kan inpraat,net die tyd sal leer of ek dit gaan regkry!!! en hopelik n ou fototjie van ons twee!!!So tot more mooi loop.

Monday, 29 August 2016

23 Aug 2016: GSC eiland

23 Aug 2016: Great Stirrup Cay (GSC)
Gister was ons vir die dag op die privaat eiland wat in die Bahamas gelee is.Gelukkig was dit n pragtige sonskyn dag met net n ligte wind so die afklim en terugkeer skip toe met die tender bote  het glad verloop.Ek het eers laat afgeklim en in die gym uitgehang!! en ontbyt gehad.Wel lyk my ek het vergeet hoe warm dit hierso kan raak en sukkel, dis vreeslik, jy is papnat gesweet na net n paar minute buite.Groot was my teleurstelling toe ek al die pad na die anderkant van die eiland stap om net agter te kom die hele area waar ek al so lekker geswem het is nou toegemaak vir konstruksie en bouery ,so ek moes tevrede wees met my tweede keuse.Dit is darm maar mooi en lekker om te swem in die mooi turquoise water,gevoel soos n walvis wat in die vlak water le en baai!!!
Die privaat eiland gaan nou toegemaak word en geen van die vloot se skepe gaan vir n tydperk die eiland nou besoek nie want hulle begin nou met die veranderinge en bouery.Dink dit gaan seker baie mooi wees as hulle eers klaar is, so net die tyd sal leer of ons weer hierso gaan uitslaan as alles klaar is.Het ook met my aankoms op die eiland gestap na die area waar die gaste wat watersport doen bymekaar kom en eers vir hulle net gesit en kyk.Moet se dink dit moet baie lekker wees as jy aan al die aktiwiteite kan deelneem.
Na my swem het ek besluit om eerder terug te keer skip toe want nie kans gesien vir le in die hitte nie,nie eers in die koelte nie!!!

24 Aug 2106: NASSAU
Vanoggend vroeg in Nassau aangekom en eintlik spyt het nie vroeg opgestaan om te kyk hoe ons inseil in die hawe nie want so n mooi deel maar te lekker geslaap!Soos ek baie gese het in my blog dink hier kry ons te min suurstof want ons albei slaap net te lekker en kry nie genoeg nie.Liefie was af vir die dag maar omdat hy eers n drill moes bywoon kon ek weer gaan gym en rustig gaan eet voor ons kon afklim. 2 van Danielle se vloot se skepe was ook in die hawe vandag en wraggies nie hare nie maar nou ja moes net gaan kyk na hulle name net om seker te maak!!Het besluit om vandag met die water taxi te ry na Atlantis want nie kans gesien vir stap in die vreeslike hitte nie.Dit was n eerste vir ons albei en dit vreeslik geniet,ons het die stories wat die een ou vertel het geniet,verby Nicholas Cage die akteur se huis op die eiland en het verby n hout huisie geseil wat gebruik is in n 007 fliek waar n boot glo opgeblaas is,ook vertel dat daar n joga retreat is waar daar 4 reels is,geen drank,geen rook,geen rooi vleis en geen hanky panky, so daarom sien ons geen mense daarso nie!!! n ander verlate wit strand was eers n nudiste strand maar daar was te veel boot ongelukke toe is dit geskuif na n ander deel van die eiland, hoe waar dit is kan ek nou nie se nie.
Sal die fotos van die 007 huisie op FB pos.n Dierbare seuntjie wat ek seker so 10 skat het sy oupa of Pa gehelp met die oplaai van mense,geld vat en los maak van ons boot met ons rit na Atlantis,moet se die ouens baie witty met al hulle se goed,eintlik heel intertaining.Die afklim plek in Altantis,of ek moet seker se ,dok plek is onder die brug wat die voertuie neem om by Atlantis uit te kom en nogal n belewenis,lyk dodgy maar dis maar hulle manier van dinge hierso doen,dinge lyk maar oud en gedaan en stukkend maar werk nog! Met terugkeer na ons rondlopery in Atlantis het ons eers weer by Dunkin Dounuts n draai gemaak en moes eers dounuts kry en n yskoue koeldrank wat mens brainfreeze gee, nooit gedink dis regtig so nie maar wraggies jou kop pyn regtig van die koue.Vir nog rondloop het ons nie kans gesien nie en is toe terug skip toe vir n lekker stort en middag slapie,nes ou mense! was bitter bly om terug te wees in ons koel gaaitjie.Nou le 2 see dae voor met n storm wat glo broei erens in die Bahamas maar ons seil hopelik voor hom uit want ons nou weer oppad noord,terug na New York.Hoop hy uitgewoed wanneer dit tyd is vir ons om weer terug te keer hierheen.Mooi loop tot volgende keer.

26 Aug 2016: @ SEA
Gister en vandag is ons op die see, so regte skip dag.Going nowhere!!!Een goeie ding is ek moet gaan gym en het baie baie tyd ,geen verskonings!Toe ek gister middag in die bib sit ,het ek vir die eerste keer ooit flying fish gesien,amasing vir eers gekyk en weer gekyk en nie presies geweet wat dit is nie,en probeer sin maak van wat ek sien,maar liefie het toe vir my die verskynsel opgeklaar en gese nee dit was flying fish! wat jy gesien het.So dit was iets spesiaal gewees.
Gister middag n lekker siesta ingekry en n fliek gekyk wat my wawyd wakker gehad het,vanoggend was dit weer tyd vir n paar trane met die kyk van die dokumenter wat gaan oor die myners wat in Chile gered is,so so tussen deur die trap op die treadmill moes ek trane afvee en seker maak niemand sien hoe lekker ek huil nie.
Na n lekker ontbyt het ek vasgeval in die eetsaal op dek 12 met n pragtige uitsig oor die see,met die see wat soos n spieel lyk,lieflike sonskyn dag vir die gaste op hulle laaste dag.Net toe ek oppad kamer toe is toe kom die aankondiging oor die PA sisteem dat daar n kode alpha is wat beteken iemand het moontlik n lewensbedrygende toestand,so toe is dit hol vir die mediese span maar gelukkig net n kort rukkie later toe word dit gekanseleer.
More is ons weer in New York en ek gaan alleen rondloop want liefie is aan diens so ek het omtrent 4/5 ure voor ek weer terug by die skip wil wees.Dink gaan weer warm wees maar beslis nie soos in die Bahamas nie,so tot volgende keer,mooi loop

27 Aug 2016: NEW YORK
So dit was ek en New York op my eie vir die dag,gelukkig het alles glad verloop met die afklim en customs.Besluit om met my gym klere die stad aan te durf want weet dis baie stap en verlede week was vreeslik warm gewees. Amazing hoe vinnig jy goed herken en jou weg vind in so n groot besige stad,wou nog n padkaart kry maar nie by dit uitgekom nie so maar net gestap.Die plek het n bekoring van sy eie,ek kry nie genoeg van die woonstel blokke,met hulle piep klein stoepies,trappe en escape trappe aan die buite kant van die geboue nie,en die mooiste gietyster werke.By n man verby gestap wat met sy koppie koffie op sy trappe sit en dis so te se op die straat en dit om net buite te kom.Eers op na Rockefeller Square en na n pragtige kerk en toe al langs die bekende 5 th Avenue af na Central Park,en daar myself tuis gemaak met my bottel water en net dinge rustig bekyk,hope mense,dis ouers met kinders,mense wat oefen,fiers ry,met hulle diere stap,toeriste,perde koetse,noem maar op,eintlik crazy,besig,aan die gang,dink nie dit raak ooit hierso stil nie.Toe is dit tyd vir terug stap na 48th ave want weet dis waar ek begin het maar eers by starbucks n draai gemaak vir n vrugte bucket en natuurlik free wi fi,daarna n draai gemaak by die Theatre District en daar was n straat mark aan die gang wat super huge is ,duisende mense en die hele straat afgesper.
Stalletjies net waar jy kyk,vir my was een met mielies aanloklik,hulle braai die mielies met die groen blare net afgetrek na onder en dan sprinkel sy die mielies met verskillende geure botter.Corn on the Cob vir $3,reg butter,honey butter,spicy butter,lemon butter,parm cheese,black pepper,salt,chilly,so jy het omtrent n keuse!.Dink moet dit bietjie by die huis probeer.Toe supermark toe vir week se voorraad.Oppad terug skip toe het ek n ander straat gevat en afgekom op n roos tuin met 5/6 potte met rose wat vir my dierbaar was,for the love of a rose en net besef al het jy 1 roos enigiets moontlik as jy net wil en toe verder af n venster bank met 7 potjies wat vir die dag bietjie son kry,sal dit op my FB post om te wys.Dink nie ons besef hoe bevoorreg ons is met al ons spasie nie,groot huise en tuine,ruimte,vars lug.Verby n dierbare koffie winkeltjie The Jolly Goat,wil vir liefie bietjie daarheen vat met ons volgende rondloop.Ons is gedok in Pier 88 en van die straat lyk dit asof die skip omtrent op staat sit,sal van dit ook n foto opsit om te wys wat ek bedoel.Teen die tyd het ek my oefening vir die dag ingehad en was reg vir stort bitter bly het toe met my gym klere rondgeloop en dink dit sal maar my drag wees as ons so rondloop.
Sailaway was weer op n perfekte middag met die mooiste uitsig oor Manhatten en New York se bekende bakens,is prentjie mooi en het dit bekyk van dek 12 heel agter op die skip met my koppie tee.Glas wyn met lekker ys  en snacks sou seker nicer gewees het!!! daar was n ouer couple wat langs my gesit het en jy kon sien hulle geniet elke oomblik,hulle het natuurlik wyn en snacks gehad!
Laat middag bib toe en daar vir my twee boeke gaan uitneem vir die week want liefie werk op al die dae waar ons kan afklim maar nou ja volgende week darm af as ons weer nuwe plekke besoek wat iets is om na uit te sien.So tot more of oormore want more n see dag,mooi loop.